Internetpret op Kantoor

Story Info
Twee stoute dames word op heterdaad betrap.
11.8k words
4.65
26.6k
3
Share this Story

Font Size

Default Font Size

Font Spacing

Default Font Spacing

Font Face

Default Font Face

Reading Theme

Default Theme (White)
You need to Log In or Sign Up to have your customization saved in your Literotica profile.
PUBLIC BETA

Note: You can change font size, font face, and turn on dark mode by clicking the "A" icon tab in the Story Info Box.

You can temporarily switch back to a Classic Literotica® experience during our ongoing public Beta testing. Please consider leaving feedback on issues you experience or suggest improvements.

Click here

Ek het 'n halfklaar storie op my rekenaar ontdek wat ek gou klaargemaak het. Laat weet asb wat julle dink deur daarvoor te stem of kommentaar te los. Dankie.

*

Dis Donderdagaand halfses. Ek is op pad terug kantoor toe. Ek het dringende werk wat afgehandel moet word en het my skootrekenaar by die kantoor vergeet. Dis altyd so 'n lastige storie om na-ure daar in te kom. Sekuriteit moet altyd eers seker maak dat jy 'bomvry' is en jy moet inteken en uitteken, ens.

Uiteindelik is ek verby sekuriteit. Ek sluit my kantoor oop en neem my rekenaar. Terwyl ek weer toesluit hoor ek meisies giggel. Dit kom van Isabel se kantoor af. Dis net langs myne. Ek stap daarheen, klop aan die deur en maak dit oop. Sy en Lauren sit voor die rekenaar met hul rûe na my toe. Hulle kyk verskrik om. "Toemaar, dis net ek." stel ek hulle gerus. Lauren sit onmiddelik die rekenaarskerm af.

"Sorry. Ons het gedink dis weer sekuriteit. Hulle loop elke tien minute hier verby." verduidelik Isabel.

Hierdie is my twee baie goeie vriendinne en kollegas. Albei is jonk getroud, in hulle laat twintigs en nog kinderloos. Hulle is in hulle werksklere. Albei het vlootblou rompies aan met wit bloesies met die rooi, wit en blou logo van ons maatskappy op die sak. Ek merk op dat net Lauren sykouse aanhet. Sy is 'n asemrowende rooikop met die mooiste, golwende skouerlengte hare. Sy het 'n paar tiete wat beur teen die voorkant van die bloesie. Sy is amper te perfek. Ek sal nie verbaas wees as die haarkleur uit 'n bottel kom en daardie tiete chirurgies opgedollie is nie. Nietemin, sy is beeldskoon.

Isabel, aan die ander kant, staan nie 'n duim terug vir Lauren nie, maar sy is weer op 'n ander manier mooi. Sy het langerige, reguit donker hare, teruggebind in 'n dik, netjiese poniestert. Sy het die sprankelendste glimlag wat haar perfekte spierwit tande komplementeer. Sy kom ook duidelik baie meer in die son as Lauren. Daarvan getuig haar pragtige, sonbruin gelaat. Haar tiete is effens kleiner as Lauren s'n, maar beslis nie te versmaai nie!

"Wat maak julle so laat nog hier?" vra ek.

"Ons het werk wat moet klaarkom voor more, so ons sit so 'n ekstra uur of twee in." antwoord Lauren.

"Hoekom is die rekenaarskerm af?" vra ek en leun vorentoe om dit aan te sit.

Lauren gryp dadelik my hand. "Nee, moenie!" keer sy.

"En hoekom nie nie?" vra ek agterdogtig.

"Dis persoonlik." antwoord Isabel kortaf.

"Nonsens! Wat kan dan nou so persoonlik wees?" Ek sit skielik die skerm aan.

Dadelik probeer albei dit afsit, maar ek keer hulle. Die skerm kom aan. Op die Internet verskyn 'n sexy foto van twee kaal mans, van agter afgeneem. Niks ernstigs nie.

"Sies! Ek is geskok!" oorreageer ek moedswillig. "Julle pervs! Ek het dit nie van julle verwag nie!"

"Justin, asseblief! Ons is jammer." maak Isabel verskoning. "Ons was net nuuskierig."

"Wat sal julle mans sê as hulle hiervan hoor?" dreig ek.

"Asseblief! Pieter maak my dood!" soebat Lauren dadelik.

"Toemaar, ontspan. Ek terg net." stel ek hulle gerus. "Niks om voor verskoning te vra nie. Ons is almal mooi groot. Dis in elk geval maar 'n baie mak prentjie. Ek het gedink julle kan beter doen as dit!"

Hulle albei is sigbaar verlig. "Jou skurk! Jy het ons laat skrik!" sê Isabel. "Onthou, ons Internetvaardighede is nie so goed soos joune nie."

"O, dis heel maklik as jy weet hoe om te soek. Moet ek julle wys?" bied ek aan.

"Wat dink jy, Isabel?" vra Lauren.

"Ek sal graag wil leer hoe om beter te Google. Hoekom nie?" sê Isabel.

Ek leun oor Isabel, neem die muis en click op die Home icon en die Google search engine kom op. "Goed, waarna wil julle soek?"

"Besluit jy maar." sê Mandi.

Ek tik in "boobs +images" en druk enter. Daar verskyn skielik thumbnails van tiete in elke grootte en vorm denkbaar op die skerm.

"Sjoe! So maklik?" laat hoor Isabel. "Maar ons wil nie borste sien nie."

"Hoekom nie? Laat dit julle minderwaardig voel?" terg ek.

"Die meeste van daardie is in elk geval fake." sê Isabel. "En myne hoef nie vir enige van daardie terug te staan nie."

"Pasop nou! Jy sal moet uithaal en wys..." spot ek. My oë gly oor die vol bloesie wat span oor 'n stel stewige tiete. Ek hoop nie dis ook fake nie.

"Jammer, meneer. Hierdie is net vir manlief se oë bedoel!"

"En hande..." antwoord ek.

'En hande..." eggo sy my met 'n stout glimlag.

"Toe, probeer jy." sê ek en skuif die sleutelbord na Lauren toe.

"Wat moet ek tik?" vra sy .

"Hot hunks." stel Isabel voor.

Lauren tik dit in. 'n Lys van URL's verskyn. "Kom ons probeer hierdie link." sê sy en click. 'n Groot foto van 'n goedgeboude man wat sy ereksie met sy hande verberg, verskyn op die skerm. Sy balsak is egter duidelik sigbaar.

"Sjoe..!" sug Isabel en leun onbeskaamd vorentoe om beter te kan sien. Dis asof hulle vir 'n oomblik van my teenwoordigheid vergeet.

"Hou julle van wat julle sien?" terg ek.

"Jis, dis darem te erg! Isabel, kom ons moet gaan." Lauren is skielik haastig, duidelik ongemaklik met my teenwoordigheid.

"Toemaar, dames. Ons is almal mooi groot. Ek is reeds op pad huis toe. Moenie dat ek julle pret bederf nie. Gaan gerus voort." Ek staan op. "Lekker aand verder!" sê ek en knipoog vir hulle. Dan stap ek uit en maak die deur agter my toe.

Ek gaan terug na my kantoor toe en steek 'n sigaret aan. Ek is nie juis lus vir huis toe gaan nie. Veral nie nou dat ek weet dat daar twee sexy dames in die kantoor langsaan sit en kwyl oor naakte mans op 'n rekenaarskerm nie.

Eindelik staan ek op. Ek sluit my kantoor. By Isabel se kantoordeur steek ek vas. Ek maak die deur saggies oop. Hulle hoor my nie. Ek glip in die kantoor in en maak die deur stilletjies toe agter my. Versigtig sluip ek tot agter hulle. Albei leun vooroor, hulle oë vasgenael op die skerm. Ek loer tussen hulle deur. Daar op die skerm is 'n volskerm foto van 'n Adonis wat poedelkaal agteroor leun teen die enjinkap van sy rooi sportmotor. Sy enorme stywe piel toring die lug in.

"Soe! Wat ek nie nou sou gee vir 'n stukkie daarvan nie..." fluister Isabel.

"Ek het nog nooit so 'n grote gesien nie. Ek dink nie eers hy sal in my pas nie!" antwoord Lauren.

"O, hy sal..." verseker Isabel haar.

"Ek het nog net met een man seks gehad en dit is Pieter. Hy is nie eers naastenby so groot nie!" bieg Lauren. "Om die waarheid te sê, ek het nog nooit eers 'n ander volwasse... penis in lewende lywe gesien nie."

"Arme ding!", spot Isabel. "Ek het al een gehad wat omtrent so groot was. Dit was ongelooflik! Ek het drie keer gekom!"

"Sjoe... Ek sal graag wil voel hoe so 'n grote voel." sê Lauren. "Maar ek dink nie ek sal dit ooit aan Pieter kan doen nie."

"Kom ons kyk nog een. Jis, dis ongelooflik opwindend. Dit voel so lekker stout!" sê Lauren en click op Next. Dis 'n volskerm foto van 'n naakte man wat op sy rug op 'n bed lê. Oor hom kniel 'n ongelooflike sexy blondine, ook poedelkaal. Die man se stywe piel is halfpad in haar mond in. Haar boude is in die lug en haar poes blom vir die kamera. Die man hou een van haar vol tiete in sy hand.

"Wow!" sê Isabel. "Dit raak al beter! Ek is nou so jags, ek is sopnat! Dis ook maar goed Justin het geloop, anders het ek hom nou gegryp, getroud of nie."

"Ja, ou Justin..." sê Lauren. "Hy flirt graag, maar ek wonder of hy werklik tot aksie sal oorgaan as mens saamspeel..."

Ek kug saggies. Die twee gil kliphard! "Wat doen jy hier?" Albei bloos bloedrooi. Lauren sit vinnig die skerm af.

Ek lag net.

"Hoe lank staan jy al hier?" vra Isabel.

"Pas ingekom." lieg ek.

"Sies vir jou! Toe, loop nou!" beveel Lauren.

Skielik is daar 'n klop. Ek maak die deur oop. Dis sekuriteit. "Alles reg hier?" vra hy en en loer agterdogtig rond.

"Alles onder beheer!" verseker ek hom. "Dit was net 'n onskuldige grappie." Die meisies beaam alles wat ek sê. Dit lyk of hy tevrede is. Hy groet, stap uit en trek die deur agter hom toe.

Ek leun vooroor en skakel die skerm weer aan. Die foto verskyn weer op die skerm.

"Ons moet gaan." sê Lauren en staan op. My teenwoordigheid maak haar duidelik erg ongemaklik.

"Dames, ons kom al 'n lang pad. Ons kan seker saam na 'n paar onskuldige prentjies kyk?"

Isabel kyk onseker na Lauren.

"Ek stel nou nie juis belang in naakte mans nie, maar daardie blond het beslis my aandag!" sê ek terwyl ek na die skerm beduie.

Isabel dink 'n oomblik na. "Nou ja, dit sal seker nie kwaaddoen nie. Solank ons dit soos volwassenes doen. Hy het ons in elk geval uitgevang."

"Niks om oor skuldig te voel nie. Ek kyk gereeld daarna. Waarom sou dit verkeerd wees as vrouens ook daarna kyk?" stel ek hulle gerus. "Ek dink dis nogal sexy as hulle dit ook doen."

"Dink jy regtig so?" vra Lauren.

"Natuurlik!" antwoord ek eerlik. "Nou waar kan ek sit?" Ek kyk rond. Daar is nie nog 'n stoel nie. Isabel kyk onseker na my en skuif effens eenkant om vir my plek te maak op haar stoel. Ek gaan sit. Dit werk nie so lekker nie. Die stoel is maar klein. "Staan gou op." sê ek. Sy maak so. Ek sit op die stoel en trek haar neer sodat sy op my knie sit. "So ja, nou is ons almal 'besete'."

Ek neem beheer van die muis. "Kan ek julle 'n paar van my gunsteling plekke wys?"

"Ja, seker." sê Lauren.

Ek gaan na 'n hetero website met video clips. Die eerste is van 'n man wat stort. Sy vrou moes skielik êrens heengaan en haar vriendin, wat by hulle kuier, is ook in die huis. (Die gewone ou flou storielyn) Die man was hom deeglik en ontwikkel 'n enorme horing in die proses. Hy begin dan stadig sy draad te trek.

Die meisies se oë is vasgenael op die skerm. Ek staan agter hulle. "Sjoe, hy's groot..." fluister Isabel.

Skielik kom die vriendin die badkamer binne met 'n stapel handdoeke. Sy sien die man deur die stortdeur. Hy sien haar nie. Sy sit die handdoeke neer, trek haar rok voor op en haar hand verdwyn voor by haar panty in. Sy loer hom af terwyl sy met haarself speel.

Die meisies haal nou hoorbaar asem. Hulle is sprakeloos! Lauren se linker elmboog rus op die lessenaar en haar hand het sy pad binne-in haar bloesie in gevind. Sy speel ongemerk met haar tiet.

"Jou knie is hard." kla Isabel. Ek lig haar op en trek haar na my toe sodat sy behoorlik op my skoot sit.

"Beter?" vra ek. Sy glimlag, knik haar kop en leun vooroor om verder te kyk. Ek sit my hand op haar rug.

Die meisie in die video trek stadig haar klere uit. Die kamera zoom in op haar perfekte tiete terwyl sy haar bra afhaal. Haar tepels is stokstyf.

"Dis nou wat ek 'n behoorlike stel tiete noem." waag ek dit.

"Ag, dis niks beter as ons s'n nie." kap Isabel terug.

"Hoe sal ek weet?" sê ek.

"Jy sal nie." laat hoor Lauren en glimlag.

Die meisie in die video glip saam met die man in die stort in. Hy skrik en wil eers protesteer, maar ontspan as sy begin om sy draad te trek. Dan kniel sy voor hom en begin sy piel suig.

Die meisies snak albei na hulle asems! Ek beweeg my hand geleidelik van Isabel se rug af om haar borskas tot gevaarlik naby haar tiet. Sy reageer nie.

Die man trek die meisie op en leun haar met haar rug teen die stortmuur, Hy lig haar been op. Haar poes is nou in lyn met sy stywe piel. Hy stoot vorentoe en sy piel verdwyn stadig in haar nat poes in. Lauren snak hoorbaar na haar asem. Hy begin haar met lang, diep hale naai. Die kamera zoom in op die aksie. Ek voel duidelik aan Isabel se borskas hoe sy skielik heelwat dieper asemhaal. My piel is stokstyf! En dit het nie veel te make met die video nie. Dis veel eerder die reaksie van die meisies wat my rasend het!

Die meisies se monde hang oop! Ek sien hoe beweeg Lauren se hand onder haar bloesie. Ek beweeg my hand verder om Isabel. My vingers lê op die kant van haar groot, ferm tiet. Ek streel dit liggies. Sy skuif effens terug. Haar boud lê nou bo-op my stywe piel! Daar is nie 'n manier dat sy dit nie kan agterkom nie. My vermoede word gou bevestig as sy moedswillig kort-kort rondskuif op my horing! Sy glimlag stout. My hand vou om haar vol, ferm tiet. Dis buite sig van Lauren. Sy skuif haar arm om my beter toegang te gee.

Skielik tel die man die meisie op. Hy hou haar in die lug met sy hande onder haar boude terwyl hy haar staan en naai. Isabel se boude raak al meer rusteloos op my stywe horing.

Die meisies 'Oe...!' en 'Aah...!' terwyl hulle die aksie gadeslaan! My piel voel asof hy gaan afbreek in my broek onder Isabel sy bewegende boude.

Die man naai haar al harder en vinniger en kom dan met 'n luide kreun binne in haar. Hy laat sak haar stadig grond toe. 'n Straal bleekwit kom loop teen haar binnebeen af. Die video eindig.

Ek lig vir Isabel van my af en staan op. "Soe!" sê ek sag. "Kyk nou net wat het hierdie video aan my gedoen." Ek hou my hande voor my broek.

"O, nou verstaan ek. Ek het vir in oomblik gedink ek sit op 'n flits in jou sak!" spot Isabel.

Sy probeer my hande wegtrek. Ek laat haar begaan. Albei staar nou onbeskaamd na die knop in my broek.

"Wow!" sê Lauren en begin giggel. "Dit lyk maar erg ongemaklik."

"Dit is!" bieg ek. "Hy voel of hy wil afbreek hier binne!" Ek streel met my hand oor die voorkant van my broek. "Voel net daar..." sê ek en vat my hand weer weg.

"Nee dankie!" sê Lauren, effens verskrik. Nie die reaksie waarop ek gehoop het nie...

Gelukkig kom Isabel tot my redding! Haar hand gly skielik liggies oor die knop in my broek. Haar vingers voel-voel tot hulle om my stywe piel vou deur my broek. "Sjoe! Dis kliphard!" sê sy. "Lauren, kom voel net hier!"

"Toemaar. Ek sal jou woord vat daarvoor." wys sy die uitnodiging weer van die hand.

"Julle het nou 'n hele paar op die intenet gesien. Dink julle nie dis tyd vir 'n regte een in lewende lywe nie?" waag ek dit.

"Jy wil hom uithaal..?" vra Isabel versigtig.

"Net as julle wil sien. Geen druk van my kant af nie." speel ek veilig.

"Lauren, wat dink jy...? Wil jy hom sien?" vra Isabel.

"Jis, ek weet darem nie. Om 'n ander man se gereedkap op die Internet te sien is een ding, maar hier? Sommer net so..?" Lauren klink baie onwillig.

Isabel, aan die anderknat, is duidelik tussen twee vure. Sy kyk na die knop in my broek, dan na Lauren, dan weer terug na my onderlyf. "Net kyk? Ons hoef niks te doen nie..?" vra sy versigtig.

"Soos ek gesê het, geen druk. Maar as julle nie belangstel nie, kom ons vergeet dan maar daarvan." toets ek hulle.

"Lauren, wat sê jy? Net kyk. Jy het juis nou-nou gesê jy het nog nooit 'n ander man s'n gesien nie." probeer Isabel haar oorreed.

"Nee!" sê Lauren ferm en beslis. "Ek stel nie belang nie, dankie. Wat sal Pieter sê as hy dit moet weet? Hy maak my dood as hy wat wat reeds vannaand hier gebeur het."

Lauren se negatiwitiet het nie 'n baie goeie uitwerking op my stywe horing nie. "Nou ja, dames. Dit lyk my die vertoning is van die baan. Dan gaan ek maar huis toe." sê ek en beweeg na die deur toe, meer as net 'n bietjie teleurgesteld.

"Wag..." keer Isabel.

Ek draai om na haar toe. "Ja..?" vra ek.

"Is jy ernstig? Sal jy dit regtig doen? Ek dink jy bluf." sê sy.

"Probeer my..?" bied ek aan.

"Lauren, ek gaan sy aanbod aanvaar. As jy nie wil deel wees hiervan nie, stel ek voor jy gaan huis toe." Isabel het duidelik haar besluit geneem. "Of jy kan in jou kantoor gaan wag."

Lauren antwoord nie. Sy kyk net effens vies vir die vloer.

"Moet nou nie so hard op haar wees nie." keer ek. "Sy hoef mos nie weg te gaan nie. Sy kan mos net wegkyk as sy nie wil sien nie." Nou maak ons vordering... My voël staan sommer skielik weer op aandag!

"Nou toe, waarvoor wag jy?" moedig Isabel my aan ek kom staan voor my. Ek loer na Lauren. Sy draai dadelik haar rug op ons.

"Waar wag JY?" kap ek terug.

"Jy bedoel ek moet hom self uithaal..?" vra sy grootoog.

"Hoekom nie? Jy wil mos sien." moedig ek haar aan.

"Lauren..?" vra sy effens benoud.

"Doen wat julle wil. Ek is nie hier nie. Maak net gou, asseblief." brom Lauren.

"Hy gaan in elk geval natuurlik vir al sy vriende vertel as ek dit doen!" sê Isabel.

"Dink jy enigiemand sal my glo?" antwoord ek.

Isabel huiwer.

"Weet jy, hy's reg." red Lauren die situasie. "Niemand sal hom glo nie."

Isabel dink so 'n rukkie na. Dan glimlag sy stout, leun vooroor en trek my gulp af. My ore sing van opwinding! Sy kom staan effens agter my. Haar hand glip om my en by my oop gulp in. My hartklop dawer teen my slape! Ek kan nie glo wat besig is om te gebeur nie! Haar vingers vou om my stywe piel wat reeds vanself uit my onderbroek uitgeklim het. "Sjoe! Dis vuurwarm en kliphard!" sê sy.

Ek loer na Lauren. Sy is duidelik onrustig, of sal ek sê, nuuskierig. Haar kop draai-draai so na haar skouer maar sy bedwing haarself.

Isabel trek my voël uit my broek uit en los dit. Dit skiet soos 'n veer orent en geniet die nuutgevonde vryheid. Dit toring effens agteroor voor my uit, my groot pielkop blink en pers. "Genade!" roep sy uit. "Lauren, kom kyk net hier!"

"Nee dankie." brom Lauren sonder om om te kyk.

"Goed dan, maar jy weet nie wat jy mis nie." lok Isabel haar uit.

Ek maak my broek los. Dit val om my enkels. My piel toring nou onbeskaamd voor my uit. Isabel druk my pielkop ondertoe met haar wysvinger en laat skielik los. Soos 'n veer skiet my piel op en klap met 'n plof teen die onderkant van my maag. Sy skaterlag! "Lauren, jy moet dit sien!" sê sy.

Lauren kan haar nuuskierigheid nie langer bedwing nie. Sy loer oor haar skouer en haar oë rek toe sy my eenoogmonster voor my sien uittoring.

"Kyk net hier." sê Isabel en druk weer my pielkop af. Ek lig my hemp op sodat sy beter kan sien. Isabel los my piel en dit skiet weer soos 'n gespanne veer op en plof weer teen my maag. Sy bars uit van die lag. Ek loer na Lauren. Sy probeer haar inhou, maar toe Isabel dit weer doen begin sy ook proes van die lag. Sy sit lang ons op die lessenaar en geniet die vertoning.

"Doen dit weer." Moedig Lauren vir Isabel aan.

"Kom. Doen jy dit self." antwoord Isabel

"Nee, ek wil nie. Doen jy dit." hou Lauren vol.

Isabel sit dadelik weer haar vinger op my pielkop en druk hom verder af hierdie keer, terwyl Lauren die spulletjie van naderby beskou. Isabel laat los en weer skiet my stywe piel op en plof hard teen my maag. Lauren kraai van die lag.

Isabel se vingers sluit om my piel en sy begin stadig en liggies my draad te trek. Ek sit my hande op haar skouers en beweeg nog nader aan haar. Haar linkerhand vou om my balsak terwyl haar ander hand nou met mening my draad trek.

Tyd om my geluk verder te beproef. Met my een hand agter haar kop trek ek haar gesig liggies in die rigting van my piel. Sy loer vir 'n oomblik onseker na my, dan na Lauren. "Nee. Liewer nie. Lauren gaan weer vir almal vertel." protesteer sy.

"Is nie. Ek sal nie. Ek belowe." verseker sy vir Isabel. "Doen dit gerus. Ek wil net kyk. Ek wil nie deelneem nie."

Isabel glimlag en laat sak dan haar kop vorentoe. Die hemelse gevoel as haar warm, nat mond my pielkop verswelg is iets onbeskryfliks! Ek sit my hande agter haar kop en naai haar mond liggies terwyl sy my piel baie behendig suig.

Lauren het intussen nader geskuif op 'n stoel om beter te kan sien. Ek leun oor na haar toe en probeer die boonste knope van haar bloesie losmaak. Sy keer my. "Jammer." sê sy ferm. "Ek het reeds gesê ek gaan nie deel hiervan wees nie. Ek is net 'n toeskouer." Ek rus my hand op haar skouer terwyl ek Isabel se mond stadig en met diep hale naai. Lauren leun vooroor om beter te kan sien. Sy is totaal gefassinneer oor wat hier, sentimeters voor haar gesig, gebeur.

Ek sit my hand op Isabel se vol, ferm tiet bo-oor haar wit bloesie. Sy is OK daarmee. Ek kielie haar tepel deur die dun materiaal. Gou staan die tepel orent en is duidelik sigbaar deur die bloesie. Ek probeer my hand in haar bloesie inglip. Sy keer dadelik. "Hokaai, Cowboy! Jy is nou besig om jou geluk te ver te druk." Haar hand is egter nog steeds om my stywe piel.

"Isabel, los hom. Dis tog net 'n tiet." moedig Lauren haar aan.

"Maklik vir jou om te sê." kla Isabel. "Jy sit net daar en geniet die vertoning. Hoe weet ek ek kan jou vertrou?"