My Vriend se Vrou 02

Story Info
Manewales in die Masseersalon.
11.9k words
4.69
23.1k
2

Part 2 of the 2 part series

Updated 10/29/2022
Created 09/24/2004
Share this Story

Font Size

Default Font Size

Font Spacing

Default Font Spacing

Font Face

Default Font Face

Reading Theme

Default Theme (White)
You need to Log In or Sign Up to have your customization saved in your Literotica profile.
PUBLIC BETA

Note: You can change font size, font face, and turn on dark mode by clicking the "A" icon tab in the Story Info Box.

You can temporarily switch back to a Classic Literotica® experience during our ongoing public Beta testing. Please consider leaving feedback on issues you experience or suggest improvements.

Click here

:-Hierdie is moontlik my laaste storie in Afrikaans. Ek het besluit om my voortaan op Engelse stories toe te spits. Baie dankie vir al die ondersteuning, kommentaar en e-pos oor die afgelope paar jaar. Dit word geweldig waardeer!-

Dis Vrydagaand. Ek is by 'n braai by my vriend Derek se huis saam met ander gaste. Ons manne kuier met 'n drankie in die hand om die braaivleisvuur. Na die gebruiklike rugbypraatjies draai die gesprek vinning rondom vrouens. Jacques begin die spottery. "Ek wens ek het so 'n lekker werk gehad soos ou Jason hier." Almal beaam dit. Ek is 'n vryskut argitek van beroep maar 'vryskut' ook as masseur. Ek is ongetroud en woon alleen in 'n groot huis. Ek het deel van die huis ingerig as 'n masseersalon. Almal sê dis die vreemdste kombinasie van beroepe.

'n Paar jaar gelede het ek as student 'n ruk in Japan gewerk. Die mense by wie ek tuisgegaan het, het 'n masseersalon vanuit hul huis bedryf. Ek het geweldig baie by hulle geleer van die Japanese masseerkuns en het selfs uitgehelp met heelwat masseersessies om gedeeltelik vir my verblyf te betaal. Ek het dit baie geniet en besluit om dit hier in Suid-Afrika ook te bedryf. Die manne hier dink dis wonderlik en 'n onuitputbare bron van naakte vroue en stomende sekssessies. As dit maar so was! Maar laat hulle glo wat hulle wil.

"Jong, ek dink jy moet bietjie vir Jessie onder hande neem." sê Derek. "Sy is deesdae so preuts soos 'n non en so gespanne soos 'n snaar. Dink jy jy kan iets aan haar doen?"

Jessica is sy beeldskone vrou. Almal noem haar sommer Jessie of Jess.

"Wel, ek glo nie ek kan veel aan die preutsheid doen nie, maar spanning is my forte." antwoord ek. Ek steur my nie veel aan sy praatjies nie en aanvaar dis maar die drankies wat praat.

Maandagoggend bel Derek my om 'n afspraak te maak vir Jessie. "Is jy beskikbaar vir vanmiddag twee-uur?" vra hy.

"Absoluut!" antwoord ek. Ek sou van my verstand af wees as ek nie tyd inruim vir Jess nie. Ek het geen idee hoe hy dit reggekry het om haar te oortuig nie. Sy is nogal baie gereserveerd. "Kom jy saam?" vra ek.

"Nee dankie!" antwoord hy dadelik. "As jy nou 'n sexy jong dametjie was, was dit natuurlik 'n ander saak..." spot hy.

"Enige voorkeure of versoeke?" vra ek.

"Niks. Laat haar maar besluit. Maar moet maar nie te rof met haar wees nie."

"Sal mooi kyk na haar, ek belowe." antwoord ek en groet.

Dis Maandagmiddag twee-uur. Die deurklokkie lui. Dis Jess. Sy het 'n ligte sonrok aan en 'n strandsak oor die skouer. Sy lyk so vars soos 'n lentetuin! Sy is 'n absolute beeld van 'n vrou! Wat haar besonders maak is die baie skaars kombinasie van gitswart hare en potblou oë -- die sogenaamde 'Spaanse blondine'. Sy is egter nie juis donker van gelaat nie. Dit laat my wonder of die haarkleur nie maar, soos by die meeste vroue, uit 'n bottel kom nie. Wat haar vir my nog meer besonders maak is die feit dat dit voorkom asof sy salig onbewus is van die uitwerking wat sy op die meeste mans het.

Ek nooi haar binne en lei haar deur na die masseerkamer.

"Soos ek gesê het, hierdie is 'n eerste vir my. Jy moet maar geduldig wees. O, en onthou, dis Derek se idee, nie myne nie." waarsku sy. "Maar kan ek jou eers 'n paar vrae vra?"

"Natuurlik!" sê ek en bied vir haar 'n stoel aan langs die masseerbed.

Sy loer grootoog na die bed. "Vertel gou vir my vinnig wat my opsies is."

"Jess, ek gaan eerlik met jou wees. Ek wil hê jy moet presies weet waarvoor jy jou inlaat. 'n Massering gaan hoofsaaklik oor een ding -- die liggaam. Dit gaan oor die ontspanning en massering van sekere sleutelspiere wat jou heel wat beter sal laat voel. Om al die sleutelspiere behoorlik by te kom, moet 'n mens soms noodgedwonge in noue kontak met die privaatdele werk. Dit kan dus baie eroties raak.Sommige mense is gemaklik daarmee en ander weer glad nie." Ek noem kortliks vir haar die verskillende masserings wat ek doen. Sy luister aandagtig.

"Hierdie 'full body massage'... Ek het al daarvan gehoor. Hoe werk dit? Moet 'n mens dan kaal wees?" vra sy versigtig.

"Verkieslik, maar nie noodwendig nie. Ek laat dit maar gewoonlike aan my kliënte oor." verduidelik ek. "O, en ek laat hulle besluit hoe ver hulle wil hê dinge moet gaan. Ek stel geen verwagtinge nie en dwing niks af nie. Vir my is dit belangrik dat my kliënte te alle tye gemaklik moet wees. Maar ek moet waarsku, dit kan nogal baie sensueel en eroties raak."

"Ek stel nie eintlik belang in enige van die 'kaal' of erotiese masserings nie, dankie." sê sy beslis. "Maar kom ek laat dit maar aan jou oor. Solank dit stop as ek so sê."

"Heeltemal goed genoeg vir my." stel ek haar gerus. "Maar jy verstaan dit gaan hier oor vleeslike genot. So dink mooi voor jy sê stop. Daar is niks wat jy kan doen wat my sal skok nie, so moenie my stop net omdat jy dink dat ek sal sleg van jou sal dink of iets nie."

"Vleeslike genot... Ek sal dit in gedagte hou. Wat moet ek aantrek? Ek het swemklere gebring..."

"Ek sou verkies dat jy die klere wat daar in die kleedkamertjie is, aantrek." antwoord ek. "Ons gaan met olies en dinge werk wat dalk jou swemdrag kan ruineer."

"Goed dan. Hoe lyk die klere? Ek hoop nie dis te kaal nie..." sê sy versigtig.

"Dis 'n halflyf toppie met 'n bypassende broekie. Maar gaan kyk maar self." antwoord ek. Sy stap die kleedkamer binne en maak die deur toe. Ek wag geduldig.

"Genade!" roep sy 'n rukkie later. "Dis darem baie kaal!!"

"Japon agter die deur, Jess!" antwoord ek. "Bring sommer twee handdoeke ook saam om die nodige te bedek as jy wil." Ek kry solank die nodige olies en dinge gereed.

"OK dan." sê sy. "Maar kan ek die japon aanhou?"

"Vir eers, ja. Ons sal maar sien hoe dit gaan."

Eindelik kom sy uit. Sy het die japon aan, hoog toe tot amper by die nek, twee handdoeke onder die een arm. "Wat nou?" vra sy effens onseker.

"Nou begin ons. As daar enigiets is wat ek doen waarmee jy ongemaklik is, spreek net die woord en ek stop." stel ek haar gerus. "Kom sit maar solank hier op die bed."

"Moet ek die japon uittrek?" vra sy.

"Nie nou al nodig nie." Sy glimlag verlig.

"Goed, kom ons begin." sê ek en gaan staan agter haar. Ek sit my hande op haar skouers en begin haar nekspiere met my duime te masseer. Sy begin geleidelik ontspan en ons gesels rustig terwyl ek my ding doen.

Dan trek ek die japon versigtig oor haar skouers sodat ek haar spiere beter kan bykom. Sy keer dadelik deur die japon bymekaar te hou oor haar borste. Gou ontspan sy weer terwyl ek haar masseer.

"Nou moet ons jou arms uit die japon uitkry." sê ek. "Ons moet daardie stywe skouerspiere deeglik strek." Sy werk dadelik mooi saam. Sy glip haar een arm uit die japon uit en hou met die ander hand die japon oor haar borste.

Ek lig haar hand, sit dit agter haar kop en trek haar elmboog versigtig maar ferm terug.

"Eina..!" sê sy sag.

Ek lag. "Soos hulle sê, no pain, no gain." Ek laat skiet so 'n bietjie en herhaal die strekke vyf keer.

"Nou die ander arm, asseblief." Sy glip die ander arm uit en hou steeds die japon lossies oor haar bolyf. Ek doen weer vyf strekke.

"Nou gaan ons albei arms gelyk doen." sê ek.

"Ja, maar..." protesteer sy.

"Toemaar. Kom ons doen dit so." Ek drapeer 'n handdoek om haar nek sodat die twee punte oor haar borste hang.

"Mmm... Baie vindingryk!" Sy glimlag verlig en laat sak die japon tot om haar heupe.

Ek neem haar arms en trek dit ondertoe en agtertoe sodat haar hande agter haar rug bymekaar kom. Dit lyk nie of dit haar pla nie. Miskien dink sy omdat ek agter haar staan, kan ek niks sien nie. Ek lig haar arms agtertoe op en laat haar spiere 'n paar keer goed strek. Dan sit ek albei haar hande op haar agterkop en trek haar elmboë terug. Dit veroorsaak dat sy effens agteroor leun. Ek kyk nou diep tussen die binnekantste rondings van haar ferm borste in terwyl ek sekermaak dat die handdoek die res deurgaans bedek. Ek hou haar arms vir 'n rukkie so en herhaal die proses 'n paar keer. Sy lyk baie tevrede met die stand van sake.

Ek los haar arms en stoot haar liggies vooroor. Onder haar sonbruin slanke rug net bokant haar boude sit twee baie prominente en o, so sexy kuiltjies. Met my hande op haar sye druk ek met my duime op haar stywe rugspiere. Geleidelik werk ek my pad hoër op tot teen die onderkant van die toppie. Sonder om die massering te onderbreek werk ek die onderkant van die toppie al hoër om meer van haar rug te ontbloot. Sy is heel rustig daarmee. My hande rus nou op haar ribbekas en my duime knie haar rugspiere, my vingerpunte gevaarlik naby die sagte rondings van die buitekante van haar borste. Ek voel hoe sy verstyf as my hande nader aan haar borste beweeg en besluit om maar eerder op die rug te konsentreer. Sy ontspan dadelik.

"Jess, die japon sal nou moet af." beveel ek na 'n rukkie. "Ek sal omdraai en dan moet jy vir my op jou maag lê. Jy kan die handdoeke oor jou gooi as jy wil. Praat as jy gereed is." Ek draai om.

"OK, ek is gereed." sê sy na 'n rukkie.Ek draai na haar toe. Sy lê op haar maag met haar arms langs haar sye. 'n Handdoek is oor haar boude gedrapeer. Die ander handdoek is nog steeds om haar nek. Ek sit 'n kussinkie onder haar kop.

"Sal dit in orde wees as ek vir jou 'n oogskerm opsit?" waag ek dit.

"Hoekom..?" vra sy, effens grootoog.

Ek lag. "Niks om jou oor te bekommer nie. Ek wil net help dat jy jou afsluit van die buitewereld en konsentreer op die genot van wat ek doen. Gebruik jou sintuie om die sensasies en geure van die aromaterapie ten volle te geniet. Maar as jy ongemaklik is daarmee..?" Ek wys vir haar die swart fluweel oogskerm soortgelyk aan die wat mens gebruik om mee te slaap op 'n vliegtuig tydens 'n lang vlug.

"Nee, dis goed so." stem sy in.

Ek sit die skerm oor haar oë. "Onthou, jy mag dit nie afhaal nie. Konsentreer net op wat ek doen."

"OK." is al wat sy sê.

Ek stap om die tafel en masseer haar voete om die beurt deur druk uit te oefen op die belangrikste senudrukpunte. Dit lyk asof sy dit geniet.

Gou beweeg ek op na haar kuite. Haar kuitspiere is taamlik styf. "Hierdie is aanvanklik 'n bietjie ongemaklik, maar dit sal die moeite werd wees, ek belowe." verduidelik.

"OK, ek sal jou woord vat daarvoor." antwoord sy met 'n glimlag.

Ek sit 'n kussing onder haar onderbene en kap haar kuitspiere hard en vinnig met die kante van my hande. "Eina!" kla sy.

"Byt net vas. Amper klaar." troos ek.

Dan brei ek haar kuitspiere om die beurt van net bokant die enkelsenings tot by die knie. Dis ook nie baie aangenaam nie, maar die eindresultaat maak dit die moeite werd. Sy kreun en kla, maar byt vas.

Ek los haar vir 'n rukkie. "Hoe voel dit nou?" vra ek.

Sy lig haar voete en buig haar knieë so 'n paar maal. "Jy was reg. Dit voel nou lekker warm en los. Heel aangenaam!" sê sy.

Ek klim op die tafel en hurk oor haar voete. Ek neem 'n sagte kwassie en trek dit 'n paar maal liggies oor die sensitiewe agterkant van haar knie. Haar hand skiet uit om te keer. "Oeeee..! Dit kielie!" giggel sy. Hoendervel sprei oor haar bobene.

"Moet ek stop?" vra ek.

"Nee, dit was net 'n bietjie onverwags!" sê sy. "En ek is baie gevoelig daar!"

"Die meeste mense is." antwoord ek en doen dieselfde met die ander been. Sy ril van plesier. Haar boude kriewel onder die handdoek.

"Hoe was dit?" vra ek uiteindelik.

"Ongelooflik lekker. En op 'n vreemde manier eroties..." sê sy sag. Musiek in my ore!

Ek sit my hande weerskante van haar been net bokant die knie en masseer haar beenspiere hard en stadig op en af. Natuurlik fokus ek meer op die sagte binnebeen en vryf al hoër. Haar boudspiere verstyf merkbaar as my hand al nader aan die verbode terrein beweeg. Sy haal hoorbaar asem. My hand gly nou tot teen die rek van die broekie in haar lies. Ek vermy doelbewus enige kontak met haar privaatdele. Haar onderlyf begin liggies onrustig beweeg.

Ek maak haar bene effens oop en brei die sagte binneboudspier. Sy kreun saggies. Ek dink sy geniet dit. Dan herhaal ek die proses met die ander binnebeen. Die broekie wat span oor haar doos is nou duidelik sigbaar tussen haar bene. Dit veroorsaak 'n roering in my broek.

Ek stoot my hande onder die handdoek in en glip my vingers onder kante van die broekie in. Dan stoot ek die broekie hoog op in die gleuf tussen haar boude. Haar liggaam verstyf in afwagting. "Sshh... Dis OK..." sê ek sag en trek my vingernaels van albei hande liggies oor haar kaal boude. Sy trek haar asem skerp in. Ek voel hoe haar boude hoendervel uitslaan. Sy kreun saggies, haar onderlyf steeds onrustig. Ek brei haar boudspiere met albei hande, maar hou dinge absoluut binne perke. Ek wil haar beslis nie skrikmaak nie!

"OK, is jy gereed om verder te gaan?"

Sy dink vir 'n oomblik na. "Wat gaan jy doen..?" vra sy agterdogtig.

"Ek wil hê ons moet nou die olies begin gebruik. Sien jy kans?"

"Goed dan..." fluister sy.

Ek klim af en staan langs haar "Jy gaan vir my moet omdraai op jou rug." Sy sug. "Toemaar, ek sal die handdoek onder oorhou en jy kan bolangs self met die handdoek toehou." sê ek. Sy draai versigtig om en ek gooi die handdoekie oor haar onderlyf, natuurlik nie voor ek 'n goeie oogvol van haar doos wat so bult teen die dun broekie gehad het nie. Dadelik is daar weer 'n krieweling in my kortbroek! Sy bedek haar borste weer met die handdoek om haar nek. Haar plat, sonbruin magie is genoeg om onreine gedagtes in 'n man se kop te sit! Sy lyk heel rustig sover.

Ek het 'n redelike verskeidenheid van aromatiese en terapeutiese olies. Daar is onder meer anika, bloekom, laventel, amandel, heuning, jojoba, Ylang Ylang en so meer.

"Ek gaan begin met amandelolie." Ek voeg daad by woord en giet 'n bietjie stadig in haar naeltjie tot dit oorloop. Ek sien hoe haar maagspiere verstyf. Haar hele vel slaan hoendervel uit. Met stadige, lui hale smeer ek die olie oor haar slanke maag. Sy snak na haar asem as my vinger liggies vroetel in haar naeltjie. Ek werk my hande al hoër op effens onder die handdoek in sodat my vingers aan die onderkant van die toppie raak. Ek stoot dit geleidelik versigtig op totdat my vingers die sagte vlees van die onderkante van haar borste voel. Sy verstyf en trek haar asem in. Ek neem dadelik my hande weg. Sy ontspan weer onmiddellik.

Ek gaan staan by haar kop. My vingers gly oor haar slanke nek en streel moedswillig liggies oor haar ore. Sy ril.

Ek gooi 'n bietjie olie in die kuiltjie onder haar keel en begin dit oor haar borsbeen inmasseer. My regterhand beweeg laer tussen die twee panele van die handdoek in en gly onder die toppie tussen haar borste in. Sy sit dadelik haar hand oor myne. "Als OK. Ontspan..." fluister ek. Ek gly my hand op en af oor haar borsbeen, maar probeer om so min as moontlik aan haar tiete te raak. Sy is gou OK daarmee en ontspan. Sy neem haar hand weg, 'n seker teken van vertroue.

Ek gooi van die jojoba in my hande en glip hulle om die buitekante van die handdoek. My vingers vind gou hulle pad onder die sykante van die toppie in en my palms smeer haar borskas met die olie. Geleidelik beweeg ek my hande hoër tot ek die sagte dele van die buitekante van haar tiete voel. Ek smeer die olie in die kante in, maar bly ver weg van haar tepels.

Ek tel die handdoek effens op. "Kan ek maar..?" vra ek sag.

Sy huiwer. "As jy dink dis nodig." antwoord sy.

Ek gooi die handdoek se twee punte van haar tiete af. My beurt om te snak na my asem! Haar groot, ferm borste beur die lug in teen die dun materiaal, haar tepels, klein en stokstyf, nou redelik duidelik sigbaar onder die dun materiaal. Die buitekante van haar tiete is heeltemal ontbloot. Ek beheer myself met moeite.

Ek gooi nog olie op my hande en laat my palms oor die sagte buitekante van haar tiete gly. Sy lyk steeds ontspanne.

"Alles nog reg, Jess?" vra ek subtiel.

"Mmm.. Ja, dankie." antwoord sy sag. "Dit ruik baie lekker..."

"Ek hoop dit voel darem ook redelik OK." skimp ek vir 'n kompliment.

"Hemels..." sê sy weer sag en glimlag.

Ek gooi 'n bietjie olie tussen haar borste en begin dit inmasseer met my hande wat nou nou uitkring onder die toppie oor die sagte vlees van die binnekante van haar borste. My gladde vingers gly liggies daaroor. Sy is rustig.

My hande glip behendig van die buitekante onder haar toppie in en ek vou die duim en voorvinger van elke hand om die basis van elke bors. Ek druk haar borste teenmekaar en hou hulle so vir 'n rukkie. Hulle is ongelooflik ferm! Ek druk en los herhaaldelik al harder en vinniger sodat haar borste begin rondskommel op haar borskas. Sy kla nie. Die tepels bly stokstyf. Sy haal nou hard en hoorbaar asem.

"Goed, ek gaan nou heelwat olie gebruik." waarsku ek.

"OK." sê sy sag.

Ek gooi 'n rojale hoeveelheid olie bo-oor haar tiete op die toppie uit. Wat sy natuurlik nie besef nie is dat die olie die toppie heeltemal deursigtig maak. Sy kon nou net sowel bostukloos daar gelê het! Dit veroorsaak dadelik weer 'n krieweling in my broek.

Ek masseer haar skouers met my oliebesmeerde hande. Gou vind hulle hul weg oor haar sleutelbene tot waar die sagte rondings van haar borste begin. My vingers glip weer onder die toppie in. Sy plaas onmiddelik haar hande op haar borste om my toegang te beperk.

"Ontspan." sê ek sag en begin liggies die bodele van haar borste masseer. Geleidelik verhoog ek die tempo en intensiteit van die massering sodat haar borste weer rondskommel onder die toppie. Sy neem haar hande weg en laat my begaan. Ek hou doelbewus weg van haar tepels wat steeds stokstyf en penorent teen die dun materiaal beur. Ek glip my hande verder onder die toppie in, hoër oor die buitekantste rondings van haar tiete. Sy trek haar asem skerp in.

"Alles OK?" vra ek.

"Mmmm..." antwoord sy saggies.

"Jy het pragtige borste." waag ek dit.

Sy bloos bloedrooi. "Dankie." sê sy skaars hoorbaar.

Ek leun vooroor en blaas liggies in haar oor. Sy ril.

Haar borste dans nou hewig rond onder die dun materiaal terwyl ek haar masseer. Ek laat skielik 'per ongeluk' my een hand bo-oor haar tiet gly.

" 'Skies...' maak ek verskoning en vat my hand weer weg. Sy glimlag flou. Ek hou weer weg van haar tepels terwyl ek haar bolyf masseer. Haar borste dans weer wild rond. Die knop in my broek het nou tot sy volle kapasiteit gegroei. Te hel daarmee! Ek glip beide hande oor haar vol, seepgladde tiete en masseer hulle nou openlik. Haar hande skiet op tot bo-op myne. "Moenie..." sê sy sag.

"Shhh..." sê ek sag en masseer haar tiete met haar hande bo-oor myne. Sy wend nie 'n poging aan om my te stop nie, maar neem ook nie haar hande weg nie. "Konsentreer net op die genot."

"Hoe kry jy dit reg..?" vra sy sag.

"Hoe kry ek wat reg?" vra ek verbaas.

"Om so kalm te bly. Mans is mos maar seksuele gediertes. As dit my man was wat met 'n ander vrou doen wat jy nou met my doen, sou hy hom beslis nie kon inhou nie!"

"Wel, hierdie is my werk. Ek doen my bes om dit professioneel te hou." antwoord ek. "Mens raak dit ook mos maar gewoond as jy dit omtrent elke dag doen. Maar 'n man is en bly ook maar mens..." As sy maar net die reuse horing in my broek kon sien...

"En jy..?" vra ek 'n rukkie later.

"Wat van my?" vra sy versigtig.

"Is vrouens nie ook maar seksuele gediertes nie?" vra ek. "Doen dit wat ek met jou doen glad niks aan jou nie?"

Sy dink 'n rukkie na. "Wel... Ek sal jok as ek sê dat ek dit nie eroties vind nie. Maar ek dink tog vrouens is baie beter as mans as dit by selfbeheersing kom."

Ons sal maar sien of dit waar is... Ek hou aan om haar tiete te masseer met haar hande oor myne. Sy haal oopmond en hoorbaar asem. Dan gee sy 'n hard sug en laat sak haar arms langs haar sye. Bingo! Ek het nou ten minste vrye toegang tot haar seepgladde tiete wat nou ontwykend rondglip in my ewe gladde hande. Hemels!

Ek probeer haar tepels tussen my vingers rol en trek, maar hulle is te glad van die olie en glip net uit. Sy kreun liggies en geniet duidelik my futiele pogings. Ek besluit om hulle maar eerder te kielie met my vingerpunte. Dit het beslis die gewenste uitwerking. Sy kreun nou harder en snak elke nou en dan na haar asem.