Oorlewing

Story Info
Oorleef na derde wereld oorlog.
790 words
3.22
5.4k
00
Story does not have any tags
Share this Story

Font Size

Default Font Size

Font Spacing

Default Font Spacing

Font Face

Default Font Face

Reading Theme

Default Theme (White)
You need to Log In or Sign Up to have your customization saved in your Literotica profile.
PUBLIC BETA

Note: You can change font size, font face, and turn on dark mode by clicking the "A" icon tab in the Story Info Box.

You can temporarily switch back to a Classic Literotica® experience during our ongoing public Beta testing. Please consider leaving feedback on issues you experience or suggest improvements.

Click here
rogerr9
rogerr9
1 Followers

1.

Nog nooit het ek soveel verwoesting in my lewe gesien nie. Wel nie in die 25 jaar wat ek lewe nie. Dit is totale verwoesting. Dit gebeur wanneer die regerings nie luister nie.

Rusland het weereens die oorlog begin. Vuurpyle is afgevuur. Soldate is die wêreld vol gestuur. Alle kommunistiese lande het soldate na Afrika gestuur. Amerika het die oorlog oorgeneem en met die hulp van ander goedgesinde lande het hulle daarin geslaag om kommunisme uit te wis. Maar, dit het almal duur gekos.

Minder as 10 % van die aardse bevolking het oorleef. Miljoene mense het gesterf en dit oor 'n stryery. Rusland en Amerika het begin stry oor die kommunistiese beweging. Wie dit begin het weet niemand maar die uiteinde is totale verwoesting. Daar is nie 'n stad op hierdie aarde wat nie deur geloop het nie. Amerika het die ergste oorlog in hul bestaan aangepak.

Teen die einde was daar nie meer mense beskikbaar om oorlog te voer nie. Danksy my navorsing het ek die afgelope twee jaar op 'n verlate plek in die berge spandeer. Ek het baie dinge gesien, gehoor en geruik. Byna geen mense het geweet ek is in die berge nie. Dit was my kans op oorlewing.

My naam is Piet Smit. Ek is 25 jaar oud en moontlik die enigste oorlewende in Suid Afrika. Na 'n week se stap uit die berge met 'n swaar rugsak het ek Worcester bereik. Daar was geen lewende siel sigbaar nie. Geraamtes het in die strate rondgelê, gebou is tot rommel vernietig. Plek-plek staan daar nog gebou. Vyf huise en drie besighede het bly staan maar daar is geen mense of kos in die geboue nie.

Ek slaan tent op buite die dorp. Dis geskik vir 'n paar dae. Die plek kyk op die dorp uit en ek sal goed verskuil wees. Vir vyf dae hou ek die dorp dop. Dan hoor ek dit. 'n Voertuig is besig om die dorp te nader.

Ek gryp my verkyker en begin om die omgewing te fynkam. Dan sien ek dit. Dis 'n 4 x 4 wat teen hoë snelheid die dorp injaag. Daar word voor een van die winkels gestop en twee mans klim voor uit. Die agter deur word oopgemaak en 'n vrou word hardhandig uit gepluk.

Onmiddelik begin my bloed kook. Die mans mishandel die vrou. Sy is geboei, het amper geen klere aan haar lyf en die blou kolle is sigbaar waar hulle haar geslaan en geskop het. Die mans is elkeen gewapen met haelgewere. Ek staan geen kans om hulp te verleen aan die vrou nie. Die een man staan buite en hou wag. Die ander gryp die vrou aan die arm en sleep haar die gebou binne.

Na sowat tien minute kom hulle weer uit. Sy het 'n sak in haar hand.

Ek weet daardie gebou was voorheen 'n apteek. Hulle het medikasie geneem, maar wat se medikasie. Hulle boender die vrou weer in die voertuig en ry na die verste huis wat nog woonbaar is. Ek besluit om tot donker te wag en dan te gaan kyk wat daar aangaan.

Teen ongeveer nege uur is dit stikdonker. Ek bekruip die huis. Kort-kort stop ek en luister. Geen geluid. Tot die insekte is stil. Die wat oorleef het. Ek loer by die een venster in. 'n Man lê op die bed, uit soos 'n kers. Daar staan 'n lamp op die tafel wat lig verskaf. Die volgende venster lewer niks op nie. Die laaste venster is 'n groot een maar die glas ruit is stukkend. Ek loer deur die venster en sien die ander man op die bank sit en slaap. Die vrou lê op die grond, weereens aangerand. Die bloed loop by haar mond uit.

Ek haal my mes uit die skede aan my sy en glip saggies die vertrek binne. Ek vorder tot agter die man. Met my hand oor sy mond steek ek die mes in sy borskas in. Geen geluid word geuiter nie. Selfs die vrou op die vloer hoor niks.

Ek sluip na die kamer waar die ander een lê en eindig sy miserabele lewe sonder dat hy dit weet.

Saggies maak ek die vrou wakker.

"Shh. Moenie bang wees nie. Hulle is albei dood," paai ek haar wanneer sy begin huil.

Ek vind 'n sleutel by die man op die bank en bevry die vrou. Ek lei haar na buite.

"Ons sal veilig wees by my tent, jy kan in die tent slaap vir die nag dan sal ek langs die vuur slaap," gesels ek terwyl ek haar in die rigting van my tent lei.

By die kamp stap sy dadelik die tent binne en gaan lê op die slaapsak. Binne enkele minute slaap sy rustig.

rogerr9
rogerr9
1 Followers
Please rate this story
The author would appreciate your feedback.
  • COMMENTS
Anonymous
Our Comments Policy is available in the Lit FAQ
Post as:
Anonymous
Share this Story