Sondige Sondagspeletjies

Story Info
Ben kry 'n verjaarsdagverrassing.
9.2k words
4.33
47.5k
6
Share this Story

Font Size

Default Font Size

Font Spacing

Default Font Spacing

Font Face

Default Font Face

Reading Theme

Default Theme (White)
You need to Log In or Sign Up to have your customization saved in your Literotica profile.
PUBLIC BETA

Note: You can change font size, font face, and turn on dark mode by clicking the "A" icon tab in the Story Info Box.

You can temporarily switch back to a Classic Literotica® experience during our ongoing public Beta testing. Please consider leaving feedback on issues you experience or suggest improvements.

Click here

Deel I - Strandpret

Wie sou ooit kon dink dat so 'n onskuldige uitstappie ooit so sou ontaard?

Sandra was weg na 'n kongres en ek was sedert die vorige middag graswewenaar. Ek het myself gesit en bejammer want dit was my verjaarsdag en ek was stoksielalleen in die grote huis. Net terwyl ek wonder hoe ek die lang Sondag sou omkry, het jy gebel en my saam genooi strand toe.

'Dis so lieflike oggend. 'n Mens kan dit nie by die huis mors nie en ek wil nie alleen gaan nie,' het jy my oortuig. Ons het gereël dat ek jou by jou woonstel sou kom optel. Beide van ons was seker dat Sandra nie 'n probleem sou hê as ek saam met haar beste vriendin strand toe gaan nie. Al waaroor sy jaloers sou wees is omdat sy nie die uitstappie sou kon meemaak nie.

Ek het my ou wye-pyp swembroek aangetrek, 'n klompie bier in 'n koelsak gegooi en die inhoud van my ysbakkies daaroor leeggemaak, 'n handdoek gegryp en is by die deur uit.

Jy het reeds langs die straat voor jou woonstel vir my gestaan en wag – twee strandstoele, 'n sonsambreel, koelsak en handdoek in 'n kleurryke hopie langs jou voete. Ek kon my oë nie van jou lang, bruingebrande bene afhou nie. Jy het so eina denimbroekie aangehad met 'n ewe skrapse toppie. Daar was geen twyfel dat jy 'n welbedeelde vrou was nie.

My gedagtes het teruggeflits na gesprekke wat ek en Sandra oor jou gehad het. Sy het my eenkeer gevra of ek jou aantreklik vind en ek het 'ja' geantwoord, want jy wás. Sandra het ook my opinie gedeel. My gedagtes daaraan het my egter nou onmiddelik skuldig laat voel en ek het aan iets anders probeer dink.

Ek het uitgespring om jou met die hoop strandbagasie te help en jy het my omhels en 'n piksoentjie op die wang gegee. 'O ja, geluk met jou verjaarsdag.'

'Dankie-' was al wat ek kon inkry, voor jy verder gepraat het.

'Dit gaan wonderlik wees. Dis regtig so lieflike oggend – ideaal vir die strand. Dankie dat jy ingestem het,' het jy met daai kenmerklike lewenslus gesê en die goed in die kattebak begin pak.

By die strand - wat nog verlate was, behalwe vir so paar vroeë-oggend wandelaars met hul honde – het ons gou 'n lekker lêplek gevind en onsself tuis gemaak in die son. Die koelsakke was in die skadu onder die sambreel en ek het sommer dadelik twee biere oopgemaak en vir jou een aangegee. 'Thanks,' het jy geglimlag.

'Cheers. Op 'n lekker dag op die strand,' het ek geantwoord. Ek het jou dopgehou terwyl jy die eerste sluk neem – kop agteroor en oë behaaglik toe. 'n Druppel vog het teen jou ken en nek afgerol en op die helling van jou bors tot ruste gekom, so tussen die ligte sproetjies. Ek kon voel hoe my voël styf word in die dun swembroek.

Skielik geïrriteerd deur die verraad van my liggaam het ek die bier in die sand langs my neergeplak en opgespring. 'Kom ons gaan toets die water,' het ek oor my skouer geroep en in die rigting van die branders begin stap, sonder om vir jou te wag. Ek het nie gedurf omdraai nie.

'Whoa, wag vir my.' Jy het agter my aangedraf en toe jy langs my is het jy jou arm deur myne gehaak. Ek was bewus van die hitte en vorm van jou sagte bors teen my biceps. Ek het gehoop jy kyk nie af nie want ek het soos 'n waterwyser gelyk – punt in die rigting van die oseaan.

'Kom,' sê ek en gryp jou hand en hardloop dan die branders in. Saam duik ons deur die eerste paar en ek verkyk my aan jou elke keer wanneer jy soos 'n nimf uit die water opstaan – met water wat uit jou rooibruin hare oor jou skouers en borste stroom. Jou donker tepels was duidelik afgeëts en het kliphard teen die dun materiaal van jou wit bikini bostuk gebeur. My verleentheid was darem nou bedek deur die heupdiepte water aangesien nie eers die skok van die koue water my voël wou laat slap word nie.

Soos skoolkinders het ons baljaar – mekaar nat gespat en gejaag. Eenkeer het jy jou misgis en ek het jou in 'n omhelsing van agter gevang. My stywe voël het vlugtig teen jou ferm boudjies gedruk en ek het jou vinnig weggestamp. Jy het ongeërg omgedraai en weer water begin spat – asof niks gebeur het nie.

'Genoeg,' het ek gehyg en terug strand toe begin stoei deur die gety. Ek het op die strandstoel neergesak en dadelik my handdoek oor my onderlyf gegooi en gemaak of ek my afdroog.

Die res van die oggend het vinnig verloop terwyl die son gebak het en die biere gevloei het. Kort- kort het ons gaan lafenis soek in die koel water. Soms saam-saam en soms elkeen op sy eie. Ons het lekker lê en gesels en gevind dat ons baie belange deel.

'Ek stick jou vir 'n pizza daar oorkant die pad,' het jy so teen middagete gesê. 'Ek is rasend honger.'

Ek het ingestem, want ek kon self voel hoe die biere my begin affekteer en het besef dat ek in my haas nie ontbyt geëet het nie. 'Deal, maar ek betaal vir die wyn.'

'Deal,' het jy geglimlag en opgestaan. Jy het die T-hempie oor jou kop getrek en ek het die geleentheid - terwyl jou gesig versteek was - gebruik om jou skaamteloos dop te hou. Met jou arms so effe bo jou kop het jou pragtige borsies parmantig gepunt. Die tepels was steeds stokstyf en prominent sigbaar deur die dun materiaal en ek het gewonder hoe hulle kaal sou lyk en ook hoe hulle in my mond sou voel.

Jou magie was plat en daar het 'n silwer dolfyntjie geswaai aan die ringetjie deur jou naeltjie. My blik het jou vol vroulike heupe ingeneem en dan gefokus op jou bultende skaamheuwel en die klam materiaal wat soos 'n tweede vel die spleetjie van jou dosie gesuggereer het. Dis snaaks dat ek nie eers kan onthou waar ek gisteraand my leesbril neergesit het nie, maar ek kan duidelik onthou dat daar nie eers 'n teken van 'n enkele skaamhaartjie in jou sagte lieste om die rand van die skrapse broekie sigbaar was nie.

Ek het my sanderige handdoek op my skoot gefrommel gehad teen die tyd wat jy klaar was maar jy het skalks en wetend na my gekyk met daai smaraggroen oë. Nie net was daar 'n knop in my broek – onder die handdoek nie – maar ook in my keel. Ek het selfbewus keel skoongemaak en jy het geglimlag terwyl jy jou klam hare met jou vingers uitgekom het.

Die restaurant was redelik besig, maar ons het 'n tafel in die hoek op die dek gekry. Kort voor lank het elkeen groot hompe seekos pizza afgesluk met glase vol goedkoop, maar yskoue Blanc de Noir. Albei was hongerder as wat ons gedink het. Ek het 'n gevoel van saligheid beleef en dit toegeskryf aan die drank, son en see.

Skielik het ek jou voet tussen my bene gevoel en jou groottoon het oor my bultende voël gestreel. Ek het amper verstik aan my wyn en jy het jou kop agteroor gegooi en lekker gelag. Ek was sprakeloos.

'Lyk my hy staan sommer maklik en gereëld regop, nè. Hou jy daarvan as ek dit doen?' het jy onskuldig gevra en jou speelse glimlag agter die rand van jou wynglas verbloem terwyl jou voet steeds oor my broek gevryf het. Ek dink dat die antwoord redelik voor die handliggend was.

Nadat ek weer keel skoongemaak het het ek skor geprewel, 'fok, Erika, jy maak my jags.' Die woorde was uit voor ek dit kon keer.

Die keer het jy gelag vir my ongemak. 'Haai, ek het nie geweet groot mans kan nog bloos nie. Ten minste draai jy nie doekies om nie.'

Ek het jou aandag geniet – dit was tog duidelik - maar ek was kwaad oor die hulpelose gevoel wat deur my gespoel het omdat ek geweet het jy is in beheer. Wat meer was, jy het dit ook geweet.

'Ek... Ons moet aanstaltes maak, ek het nog 'n verslag – '

'Kom nou, wat van nog wyn? Dis nog vroeg,' het jy my onderbreek en sonder om te wag vir 'n antwoord het jy die kelnerin nader gewink. 'Another bottle of wine, please.'

Intussen het jou voet 'n weg langs my een broekspyp gebaan. Omdat ek die gevoel van sand in my onderbroek haat, het ek nie een aangehad onder die los, kort swembroek nie en kort voor lank het jou toon kontak gemaak met my naakte voël. 'Smokkel jy salami of is jy net bly om by my te wees?'

'Jy moet ophou, netnou sien- '

'Kom nou, ons albei weet jy geniet dit – ons aldrie– ' en hier het jy my voëlkop so tussen jou tone gemasseer, '-weet jy geniet dit.' Ek kon nie stry nie – ek is weereens deur my liggaam verraai. Ek het dus maar my bene weffe wyer oopgemaak en myself daardeur meer toeganklik. Ek het skaars die kelnerin – wat intussen die wyn gebring het – gemerk.

Veel later, met 'n lamheid in my lieste, is ons terug motor toe. Dit was hel warm in die motor en ek het die venster oopgemaak om koel lug te laat sirkuleer voor ons wegtrek.

Nadat ons so ent gery het het jy jou hand voor op my steeds bultende broek geplaas en in my oor gefluister, 'ek wil jou suig - nou.'

'Netnou moer ek die kar om en dan?' Ek kon dit al in my geestesoog sien – daar lê ek - langs die onderstebo motor in die pad - met 'n wêreldklas horing.

'Toemaar, jy sal nie. Hou net albei hande op die wiel en jou oë op die pad en los die res vir my,' het jy glimlaggend gemaan terwyl jou bedrewe vingers my voël bo uit die broek gehaal het. Daar het 'n druppel deursigtige sap teen die kant van die kop en oor jou slanke hand gerol. 'Mmm, lyk heerlik - poeding,' het jy gesê en jou lippe afgelek.

Jy het op jou knieë gaan hurk hier langs my op die passasiersitplek en vooroor gebuk. Ek kon jou asem voel blaas oor die blinknat pers-blou kop van my voël net voordat jy dit met jou sagte, warm mond omvou het. Jy het dit diep in jou mond ingesuig en dan weer net met jou tong oor die kop gespeel en die nattigheid gelek terwyl jou hand styf geklem en behendig op en af teen die skaf beweeg het. Ek het afgekyk maar kon niks sien nie, want die aksie was verberg onder jou haredos.

'Fok, ek gaan kom as jy so aanhou,' het ek hees gesê.

Ek wóú kom – in jou mond - maar het dit nie gesê nie maar asof jy my gedagtes kon lees het jy opgekyk met daai lieflike groen oë en vir my geglimlag. 'Kom dan. Ek wil jou proe.' Jy het afgebuk en weer begin suig. O, fok, dit was hemels.

'Ek... ek kom...' het ek geprewel terwyl my hand krampagtig jou hare vasgryp en ek my pelvis oplig uit die sitplek. Ek kon voel hoe die warm saad polsend diep in jou keel spuit en spuit. Lank na die laaste spasma het jy steeds bly suig en toe jy uiteindelik regop kom het jy jou tong vir my uitgesteek en dit so effe bak gehou, in die holte het 'n groot blerts kom geblink. Jy het gewink en dit behaaglik afgesluk en jou lippe afgelek.

'Hou jy... ' Ek het selfbewus gekug – wat ek wou sê sou goedkoop klink en afbreek doen aan die intiemheid van dit wat ons sopas gedeel het. Ek was so rukkie stil en sê toe: 'Hou jy daarvan?'

'Vanblowjobs gee of van die smaak van kom?' Wou jy ewe onskuldig weet. Hoe kon jy so doodluiters en reguit hieroor praat?

'Uhm... die smaak van... kom,' uiter ek die woorde ongemaklik.

'O ja! Baie. Ek sê mos dis "poeding". Die smaak dryf my behoorlik teen die mure uit van jagsheid.'

My voël, wat intussen steeds in jou hand was, het weer opgewonde gepols. Jy het dit gevoel, 'n stywe drukkie gegee en versigtig – amper gewyd – teruggesit in my broek. Ek het voor my na die pad gestaar, maar kon jou blik op my voel. Ek wou oogkontak vermy. Nie een van ons het iets verder gesê tot by jou woonstel nie. Wat sou ons in elk geval sê?

Skaars het ek voor die woonstelblok stilgehou of jy spring uit. 'Thanks vir 'n baie lekker dag.'

'Plesier,' het ek amper onhoorbaar gemompel en het lomp probeer uitklim – te bewus van die salige lamheid en die kloppende polsslag in my lies – en onbeholpe begin help afpak.

'Kom jy in vir koffie,' het jy oor jou skouer gevra en na die gebou begin stap sonder om vir 'n antwoord te wag.

Woordeloos – met 'n strandstoel onder elke arm en 'n nat kol op my broek – is ek agterna.

Deel II - Woonstelpret

Na die hitte van die son – onder andere – was dit koel in die woonstel.

'Ag, sit sommer die goed daar in die eetkamer neer,' het jy oor jou skouer geroep en in die gang af verdwyn. Ek het die stoele staan gemaak teen die muur en toe ek orent kom het ek effe lighoofdig gevoel, maar dit toegeskryf aan die son en die drank. Daai koppie koffie sou nou lekker afgaan.

Daar was 'n vrouetydskrif op die eetkamertafel en ek het belangeloos daardeur staan en blaai. Toe ek opkyk staan jy in die gang – totaal skaamteloos naak. Ek kon my oë nie van jou afhou nie. 'Wil jy ook kom stort?' het jy onskuldig gevra en net so bly staan asof jy my wou uitdaag om weg te kyk – ek kon nie.

Ek het elke detail van jou perfekte liggaam ingeneem: Die slanke skouers en parmantige borste met die ligte sproetjies en daai harde, donker tepels – wat selfs langer en groter was as wat ek vermoed het; jou plat maag; die swelling van jou breë, vroulike heupe; die amper kaalgeskeerde aanloklike plompheid van jou poesie en jou lang, gladde bene.

Ek kon voel hoe my voël weer bokspring. 'Ek sien jy hou van dit wat jy sien. Kom stort saam met my dan kan jy voel óók terwyl jy my was,' het jy gesê en jou hand na my uitgesteek. Jou stem was amper onhoorbaar bo die gedruis in my ore. Ek kon voel hoe my pols in my lies klop. Iewers vêr het ek 'n sirene gehoor, maar dit was asof op 'n ander planeet. Ek het die tydskrif neergesit en stadig, effe onseker, nader gestap en diep in jou groen oë gekyk.

Die stort was knap vir twee en ons het beurte gemaak om onder die warm strale water te staan. Jy het eerste begin om my te was: my skouers; my bors: my

maag; my arms en dan af na my stywe voël – wat jy saggies seep gesmeer het. Jy het die vel weer vêr teruggetrek en die taai kop gewas dat die skuim so staan terwyl jy my selfvoldaan in die oë kyk. 'Soos Xaviera Hollander gesê het: " If you don't keep it clean as a whistle, it won't get blown..."'

My Enigste antwoord was 'n kreungeluid en ek het gewonder hoe jy van Xaviera Hollander weet.

'Nou my beurt,' het jy gefluister en vir my die koekie seep aangegee. Jy het jou rug op my gedraai en ek het begin om jou skouers en nek te was. 'Ouch!'

'Wat's fout? Maak ek jou seer?' het ek verbaas gevra en ophou was.

'Nee, gaan aan. Ek dink net ek het vandag seerder gebrand as wat ek gedink het. Jy sal my metaftersun moet insmeer sodra ons klaar gestort het, asseblief.'

Ek het weer begin seep smeer: eers jou lae rug en dan met beide hande oor die kurwes van jou heupe en dan oor jou stywe boudjies. Toe my vingers naby die spleet kom, staan jy effe wyer met jou bene en ek aanvaar die uitnodiging. My een hand seil tussen jou boudjies in en oor die rosie van jou kringspier, wat onwillekeurig onder die aanraking pruil. My hand beweeg egter verder af en tussen jou bene in.

Ek voel deur die seepskuim 'n ander sagter, gladder nattigheid en my middelvinger sak soos 'n warm mes in botter tussen jou skaamlippies in. Nou kreun jý en druk jou boude teen my voël aan. My ander hand reik om jou en ek begin jou borste was. Eers een – al rondom en dan oor die stywe tepel, wat ek saggies tussen my vingers knie – en dan die ander een ook.

'O dônner, jy maak my jags,' het jy gehyg en jou kop na my toe gedraai. Ek het jou vol op die mond gesoen en ek kon voel hoe jou tong tussen my lippe beweeg. Praat van jags, het ek gedink terwyl my voël 'n duik in jou sagte boudjie druk.

Nadat ons klaar gestort het is ons net so kaal kamer toe, waar jy – nadat jy vir my dieaftersun aangegee het – jou op jou maag op die bed neergevly het. Weereens het ek die kurwes van jou lyf bewonder – van waar die vallei van jou sonbruin rug oorgegaan het in die volmaakte heuwels van jou wit boudjies en af oor jou ferm, gladde dye.

Ek het 'n groot blerts van die blou jel in my bakhand gespuit en langs jou gaan kniel.

'Brrr,' het jy gesê en liggies geril toe ek die koel jel oor jou rug begin invryf. Ek kon die hoendervel soos breil onder my vingerpunte voel. Ek het die jel egalig oor jou hele rug gesmeer en op teen die heuwel van jou boudjies. 'Haai, ek het nie daar gebrand nie,' het jy gegiggel.

'Ek weet, maar hulle is so dônners mooi, ek kan dit nie help nie,' het ek geantwoord en begin om jou bobene in te smeer. Ek het agter jou knieë begin en opwaarts gewerk, tot net onder jou boudjies, waar ek met my duime die voutjie onder elke boud gestreel het. Jy het saggies gekreun en jou bene wyer oop gemaak. Jou diep-pienk, skoongeskeerde koekie het skaam-uitdagend vir my geloer. My voël het weer gebokspring teen my maag. Ek wou jou hê en het kras gefluister, 'Erika, ek wil jou naai.'

Jy het op jou sy omgerol en weer speels vir my geglimlag. Daar was naakte wellus in jou groen oë. 'Ek dog jy gaan nooit weer vra nie. Maar eers wil ek hê jy moet my eet, asseblief. Sandra reken jy is nogal baie goed daarmee.'

Ek het skielik verstyf. Bespreek my vrou ons kamersake met jou, het ek gedink? Jy het onmiddelik besef dat dit die verkeerde ding was om te sê.

'Sorry, ek het dit nie so bedoel nie. Sy kon regtig net nie uitgepraat raak daaroor nie en ek het gedink... Ek wou... ek wíl self voel,' het jy gepleit en jou hand op my wang gesit.

'Okay dan,' het ek skielik vasberade gereken toe my manlike ydelheid weer terugkeer. Ek het jou amper hardhandig op jou rug gedraai en jou bene opgelig tot jou knieë teen jou tieties gedruk het. Jy was totaal weerloos en toeganklik voor my gesig. Ek het weer 'n oomblik net sit en kyk. Jou mooi boudjies was wyd gesper en die roosknoppie van jou kringspier was 'n sagte gekreukelde bruin-pienk en net bo dit het jou opgewonde dosie blink-nat en geswel geblom. Die binnelippies was dik gepof van opgewondenheid; jou klit het prominent uitgestaan - halflyf uit sy skede - soos 'n klein kordate soldaatjie. In die sagte vel rondom hierdie lieflike prentjie was daar nie 'n teken van 'n enkele skaamhaartjie nie.

Ek het laer gebuk en het die soet, aardse reuk van jou jagsheid diep ingeasem. My gesig was so te sê in jou oop koekie en ek kon hoor hoe jy na jou asem snak toe ek my tong saggies teen jou nat spleet druk. Jou sappe was selfs soeter as wat ek ooit kon droom. Ek wou dit gulsig oplek, maar het besef dat my sogenaamde reputasie hier op die spel was en het saggies al met die buitelippies langs, al rondom jou dosie gelek. Jou kreungeluide het my vertel dat ek op die regte pad was. Jou hande het deur my hare gespeel en ek kon kort-kort jou naels op my kopvel voel.

Na 'n ruk het ek skielik en dartelend oor jou klit gelek en jy het jou onderlyf teen my gesig vasgedruk terwyl jou vuiste krampagtig in my hare gebal het. 'Fok, lek my klit...' het jy gehyg. Ek hét, met sulke ligte, stadige anti-kloksgewyse sirkeltjies. Ek kon voel hoe jou dye weerskante van my kop bewe. Jou asem het vinniger gejaag.

Ek het my een middelvinger weggedruk in jou liefdesskede, terwyl ek bly lek het en toe die vinger goed nat en glad was het ek dit weer uitgehaal. Daarna het ek dit in klein sirkeltjies oor jou kringspier gevryf en gevoel hoe dit onwillekeurig saamtrek. Ek het ophou lek en geprewel, 'ontspan, ek sal jou nie seermaak nie.' Jy het en skielik het my vinger jou agterdeur maklik en egalig gepenetreer. Jy het iets tussen 'n sug en 'n kreun geuiter. Dit was warm en styf om my vinger.

Ek het weer jou klit begin lek en jy het sulke sagte tjankgeluide gemaak. So het ek vir nog 'n paar minute aangehou en al vinniger en harder gelek terwyl ek jou van agter met my vinger genaai het.

'O dônner, maar dis lekker. Moenie nou ophou nie, asseblief. Ek is so naby... ek voel... ek gaan kom,' het jy gekerm en my kop teen jou sopnat dosie gedruk. Ek het jou op my beurt so met my middelvinger stywer teen my mond vasgedruk.

'O bliksem, ek kom NOU!' het jy geskree. Jy was heel in my mond en ek kon voel hoe jou klit teen my tong pols en jy styf om my vinger saamtrek voor ek die vloed soet sap van jou orgasme gulsig afgesluk het.

Ek het opgekyk en my vinger versigtig verwyder. Jy het jou bewende bene laat sak. Stadig het ek oor jou geklim tot ons gesig aan gesig was en ek het jou diep gesoen. Jy kon jouself op my lippe proe, maar dit het jou nie afgesit nie. Jy het my vurig teruggesoen.

Toe ons asem skep, sê jy, ' sodra ek my hartklop weer onder beheer het sal ons voortgaan met jóú versoek van vroeër. So by the way, Sandra mag maar oor joubrag. Ek het nooit geweet dit kan so hemels wees nie – veral toe jy jou vinger...'