Wilde Wildplaas Wellus

Story Info
Nie alle wild woon in die veld nie...
4.3k words
4.56
36k
3
Share this Story

Font Size

Default Font Size

Font Spacing

Default Font Spacing

Font Face

Default Font Face

Reading Theme

Default Theme (White)
You need to Log In or Sign Up to have your customization saved in your Literotica profile.
PUBLIC BETA

Note: You can change font size, font face, and turn on dark mode by clicking the "A" icon tab in the Story Info Box.

You can temporarily switch back to a Classic Literotica® experience during our ongoing public Beta testing. Please consider leaving feedback on issues you experience or suggest improvements.

Click here

Dit was warm in die motor, ondanks die lugversorger. Jaco was geïrriteerd en het gehoop dat die ontvangssentrum van die wildplaas nie meer ver was nie. Hy was moeg na die lang pad, maar tog kon hy die rustigheid en prag van die veld om hom inneem; die laatmiddag sonstrale wat goudgeel tussen die bosveldbome flits en die lug wat gelyk het of dit aan die brand is rondom die ondergaande son.

Uiteindelik was die ontvangssentrum daar voor teen 'n boomryke heuwel. "Dankie tog," prewel hy en begin onwillikeurig vinniger ry. Gelukkig is die parkeerterrein redelik leeg en hy parkeer sommer naby die sentrum. Wanneer hy uitklim voel die aandluggie lekker koel en verfrissend op sy natgeswete rug.

Die ontvangslokaal is is 'n koel, grasdak gebou. Hy haal sy sonbril af en stap na die toonbank waar 'n aantreklike voshaar meisie oor 'n rekenaar buk. Die vallei tussen haar borste is ontbloot bo die wye kraag van die olyfgroen–kaki hemp en hy kan sy oë nie daarvan af hou nie. Toe hy voor die toonbank stop, kyk sy op en daar is onmiddelik 'n vriendelike, dog geoefende glimlag op haar gesig.

Sy is pragtig, dink Jaco. Sy het die blouste blou oë wat hy ooit gesien het. Haar hare is skouerlengte en as sy haar kop beweeg lyk dit of daar vonke deur dit skiet. Haar vel is amper melkwit met sulke ligte sproetjies oor haar wipneusie. Die naambordjie – wat teen 'n redelike hoek bo haar vol borste pryk – lees: "Heike."

"Goeie middag, meneer. Kan ons help?"

"Ja, Jaco Ferreira. Ek het 'n chalet bespreek. Een van die daar diep in die kloof."

"Kom ons kyk gou." Haar slanke vingers vlieg oor die sleutelbord en haar blou oë is vasgenael op die skerm en dus kan sy nie sien hoe hy vir haar kyk nie. "Ah, hier's dit, meneer Ferreira. Van vanaand vir 'n week, nè?"

"Dis reg, ja."

"Chalet 45. Dis die verste een op in die kloof. Lekker afgesonder."

"Goed so, dit is presies hoe ek dit verkies," antwoord Jaco. Die laaste ding waarvoor hy lus is mense. Hy het die week nodig om sy kop skoon te kry en van al die stres van die egskeiding ontslae te raak. Hy kon nog nie glo dat dit uiteindelik verby was nie. Agt jaar wat in hel geëindig het, maar nou was dit verby.

Jaco het die deposito betaal en sy sleutel, tesame met 'n padkaart, ontvang en was besig om alles bymekaar te kry toe Heike vriendelik byvoeg: " Ek hoop u gaan die verblyf hier by ons geniet."

"Dankie, ek glo ek sal – ek het die rus nogal nodig." Haar vriendelike glimlag het hom sommer reeds laat beter voel.

Dit was reeds sterk skemer toe hy by die chalet aankom. Dit was regtig lekker afgesonder en so effe teen 'n koppie geleë. Die naaste ander chalet was 'n goeie honderd meter verder terug op die pad. Die bos was ruig en 'n mens kon skaars tien tree tussen die bome in sien. Die chalet was, soos die ontvangssentrum, uit klip gebou, met 'n grasdak. Daar was 'n groot dek met 'n houtreling en 'n ingeboude braaiplek. Vanaf die dek kon mens 'n watergat so tussen die boomtoppe deur sien. Jaco kon onmiddelik voel hoe die spanning dreineer.

Hy het afgepak, gestort en 'n toebroodjie gemaak wat hy sommer so staan-staan op die dek geëet het, met net 'n handdoek om die lyf. Sy plan was om vroeg in te kruip aangesien hy redelik pootuit was.

* * *

Die volgende oggend vroeg, word hy deur die gekwetter van voëls wakker gemaak. Dis egter nog sterk skemer toe hy by die venster uitloer, maar hy het besef dat hy lanklaas so uitgerus en lewenslustig gevoel het.

Jaco het 'n drafbroekie en sy tekkies aangetrek en besluit om 'n lekker ent te gaan draf. Die skoon, koel oggendlug en die lowerryke plantegroei het hom sommer nog meer ontspanne laat voel en hy het aanhou hardloop – seker 'n goeie tien kilometer.

Terug by die chalet het hy natgesweet teen die reling geleun en uitgekyk oor die ontwakende bosveld. Daar was 'n troppie waterbokke by die watergat en hy het hulle 'n ruk lank dopgehou voor hy besluit het om te gaan stort.

Hy het sy tekkies en die klam broekie uitgeskop en kaal badkamer toe geloop en die stortkraan oopgedraai. Niks – net die geroggel van leë waterpype.

"Ag nee, donner man. Daar was dan gisteraand water," grom hy. Wat nou? Hy stap terug kamer toe en soek sy selfoon en dan stap hy sitkamer toe om die padkaart/brosjure te kry.

Hy tik die nommer in en wag dan vir die foon om te lui. Wanner hulle antwoord verduidelik hy sy probleem en die persoon aan die anderkant beloof om iemand te stuur.

Wonder hoe lank dit nou gaan neem, dink hy. Onbewus van sy naaktheid stap hy weer uit op die dek en kyk weer oor die vallei. Dan dink hy terug aan die marteling van die afgelope jaar: die prokureurs; die hofsaak; die rusies. Goddank dis uiteindelik verby en Leonie is vir altyd uit sy lewe. Gelukkig was daar nie kinders wat die saak kon kompliseer nie.

"More, more," hoor hy die stem hier van die trap se kant af. Hy draai verskrik om en kyk in die verbaasde gesig van Heike vas. Sy bloos onmiddelik en stotter dan, "jammer... ek... uhm... ek het net kom kyk na die water." Sy het intussen vinnig haar rug op hom gedraai.

"Sorry. Uh... wag net gou dat ek klere aankry. Bly net daar," antwoord hy verleë en draf binnetoe. Hy gryp die oefenbroekie van die vloer af en spring gou daarin.

"Jy kan nou maar omkyk," sê hy wanner hy na buite stap.

Sy draai om en hy kan sien dat sy steeds bloedrooi bloos. "Ek's regtig jammer... maar ek het nie-"

"Toemaar, ek is die een wat verskoning moet vra. Ek was ingedagte en het jou voertuig nie eers gehoor nie. Ek het gedink dit sal nog 'n rukkie wees voor hulle iemand stuur."

"Ek was reeds hier onder by die ander chalet. Daar's 'n Duitse paartjie wat totaal hulpeloos is en ek moes eers vir hulle die TV instel. Hulle het my vanaf die kantoor op die radio geroep en vertel van jou probleem," verduidelik sy en wys na die swart tweerigting radio in haar hand. "Dis hoekom ek so gou hier is. Ek het in elk geval gestap van daar onder af so jy sou nie 'n voertuig gehoor het nie. So wat is die probleem?"

"Die stort het nog gisteraand gewerk ,en skielik vanoggend, toe ek terugkom en wil stort, toe's daar niks."

"Dis snaaks. Laat ek gou gaan kyk," antwoord sy en klim weer die trappe af. Jaco stap agterna. Hy kon sy oë nie van haar lang bene en perfekte agterstewe afhou nie. So ent van die chalet – weggesteek tussen die bome – was daar 'n groot groen plastiek watertenk. Heike het langs die tenk gehurk en onwillekeurig het Jaco gekyk hoe die materiaal van haar broek styf span oor haar ferm ronde boudjies. Hy het gevoel hoe hy 'n ereksie kry en het dadelik besef dat dit baie prominent en duidelik sou vertoon in die skraps oefenbroekie, dus het hy omdraai en gemaak of hy die bome bewonder.

"Ah, nes ek gedink het," roep sy. "Die stopkraan wat die tenk voer was toe. Daar was seker nog net genoeg water in vir gisteraand. Los dit so halfuur dan behoort die tenk vol te wees."

"Dankie vir jou moeite," antwoord Jaco wanneer sy teruggestap kom. Hulle kyk mekaar diep in die oë en skielik voel hy weer soos 'n verliefde skoolseun.

"Geen probleem nie. Jy het in elk geval my oggend meer opwindend gemaak," glimlag sy ondeund. Was sy wragtig besig om by hom aan te lê of was dit maar net sy eie oor-aktiewe en uitgehongerde verbeelding?

"Jy gaan seker nou lekker vir al jou kollegas hiervan vertel, nè?"

"Nie as jy beloof om my vir ete te nooi nie," antwoord sy onbeskaamd en stoot haar ken effe uit terwyl haar ysblou oë vasgenael bly om syne. Donner, maar sy was mooi.

"Jy's nie skaam nie, nè. Is jy altyd so reguit?" Vra Jaco verbaas.

"Jip, die lewe is te kort ommindgames te speel. As ek van iets hou, sê ek dit en basta." Haar opmerking was heeltemal in kontras met haar soet-dogtertjie voorkoms en dit het Jaco net nog jagser gemaak. Hopelik kyk sy nie nou af nie.

"Okay dan. Maar gee my eers kans om in die dorp uit te kom. Wat van more aand so sesuur – hier? Wat drink jy?" Hier kan dit beslis nog lekker raak.

"Sesuur more aand dan. Ek drink graag rooiwyn. Merlot."

"Ah, perfek. My gunsteling ook. Jy"s nie dalk 'n vegetariër of iets nie, is jy?"

"Wat? 'n Bosveldmeisie soos ek? Daarvoorlaaik ek vleis te baie." Hy het gewonder of hierdie uitlating ook 'n dubbel betekenis het. Sy verbeelding was vinnig besig om met hom op hol te gaan.

"Sien jou dan more aand," antwoord Jaco en steek sy hand uit.

Wanneer sy groet is haar hand koel en sag. "Tot more dan."

Lank staan hy haar en agterna staar, tot sy padlangs tussen die lower verdwyn. Hy vryf onbewustelik oor die bult in sy broekie en besef dat hy iets aan die sakie sal moet doen voor more. Dalk sommer nog voor hy stort. Hy het juis 'n halfuur gehad om om te kry.

* * *

Jaco het reeds die vuur brandgemaak toe sy daar aankom. Hy het die Landrover hoor stilhou en het angstig gewag dat sy haar verskyning moet maak. Hy het amper hoorbaar na sy asem gesnak toe sy die trappe opkom. Sy was geklee in 'n ultra-kort smarag-groen rokkie met 'n lae hals – groen was beslis haar kleur. Haar bene was selfs langer as wat hulle in die kaki langbroek gelyk het en daar was groen hoëhak sandale aan haar voete; die toonnaals was 'n dieprooi en goed versorg. Haar volronde borste was geaksentueer deur haar dun middeltjie. Wat hom veral aangestaan het, was dat sy nie een van daai maer modellyfies gehad het nie, maar sy sy het 'n goed geproposioneerde figuur gehad. Hel, sy was verruklik.

"Naand-sê," groet sy toe sy voor hom staan.

"Naand. Jy... moet dit asseblief nie verkeerd opneem nie, maar... jy lyk pragtig."

"Dankie, meneer Ferreira," antwoord sy speels en maak 'n vlak buiging.

"En vergeet die meneer, ek is Jaco."

"Heike, maar jy weet dit reeds."

Jaco knik net en sê toe, "wyntjie, of eers 'n bier?"

"Hmm, 'n bier klink lekker – ek is juis dors en dan drink ek gewoonlik die wyn te vinnig en netnou maak ek moleste."

"Ek kry gou vir ons. Sit solank, ek's nou terug."

"Ek staan sommer eers, dankie. Die uitsig van hier is regtig pragtig," roep sy agterna.

In die kombuis skink Jaco twee glase bier terwyl hy wonder hoe die aand gaan verloop. Hy sal 'n moeilike tyd hê om sy hande tuis te hou, maar hy wou ook nie sy kanse verspeel deur te voorbarig te wees nie.

"Hier's dit," sê hy en gee vir haar 'n glas aan. "Cheers. Dankie dat jy oorgekom het."

"Cheers. Jy sê dankie en ek het jou basies afgepers om in te stem tot die ete." Antwoord sy en daar is weer 'n ondeunde vonkel in haar oë.

Hulle het oor koeitjies en kalfies gesels terwyl Jaco die vleis gebraai het en sy het heeltyd langs hom gestaan by die vuur. Toe hy vir haar 'n stoel wou nader sleep het sy nee gesê. " Ek haat dit as mans eenkant by die vuur is en die vrouens sit soos ladies en skinder daar anderkant. Braai is mos vir gesellige saamwees."

" 'n Meisie so na my hart," antwoord Jaco en lig sy glas.

Hulle het rustig gesmul aan die lekker gestopte koedoe filet wat jaco perfek gebraai het. Hy het ook 'n groen slaai en rogbrood opgedien.

"Hmm, jy mag maar vleis braai hoor. Hierdie filet is murgsag. Waarmee stop jy dit?"

"Mengsel van kruies, botter, knoffel en sampioene."

"Jou eie resep?"

"Nee, by my Pa geleer. Hy kán braai."

"Hy moet uitstekend wees as hy beter braai as jy, hoor."

"Dankie, maar ek is seker jy sê sommer net so."

"Jaco, iets wat jy sal leer is dat ek nooit iets sê as ek dit nie bedoel nie. Nooit. Ek het jou gister gesê ek speel niemindgames nie. Ek hou van jou en daarom het ek myself vir ete genooi – so maklik soos dit."

"Wow, jy is reguit. Wel, vir jou kennisname, die gevoel is wedersyds."

"Hmm, ek weet. Ek het daai knop in jou broek gesien gister – nadat ek natuurlik die ware jakob ontmasker gesien het," lag sy en gee hom 'n piksoen op die wang.

Jaco het haar kop in sy hande geneem en haar gesoen. Sy het nie weggetrek nie en hy kon voel hoe haar tong tussen sy lippe inbeweeg. Hy het haar onderlip liggies gesuig en wou toe wegtrek. Sy het haar hand agter sy kop geplaas en hom nader getrek en selfs vuriger begin soen.

Toe hulle uiteindelik ophou sê sy, "ek wou dit al heel aand doen."

"Ek wou dit al gisteroggend doen," antwoord hy glimlaggend.

Jaco het opgestaan en by die reling gaan staan en opgekyk na die sterre. Hulle was so helder hier ver uit die stad. Die maan was vol en het net net bo die boomtoppe kop uitgesteek. Hy het gevoel hoe Heike langs hom kom staan en haar koel hand op syne plaas. "En nou, wat's fout?"

"Niks. Niks, ek is net bang dinge gaan te vinnig... ek-"

"Strooi, man. Ons albei is mos mooi groot. Albei weet hoe ons voel.Go with the flow – jy is te gespanne."

"Dis so pragtig hier, kyk net die sterre. Weet jy iets van sterre?" Vra Jaco om die onderwerp te verander.

"Ja, hulle skitter," lag sy en gee sy hand 'n drukkie.

"Nee, ou slimmie. Die goed soos die Suiderkruis en Orion en so aan?"

"Nee. Wys my asseblief." Die manier waarop sy dit sê laat hom wonder of hulle steeds oor sterre gesels.

"Sien jy daai drie helder sterre so in 'n ry? Daar." Wys hy in 'n noordelike rigting.

"Hmm... Nee, watter?"

"Kom staan hier voor my, kyk waar ek wys," sê hy en sy skuif tussen hom en die reling in. Hy voel hoe haar warm boude voor teen sy broek skuur. "Sien daar."

"O ja, nou sien ek," antwoord sy en druk effe met haar boude stywer teen hom aan. Hy voel hoe sy voël weer styf word. Sy voel dit ook en druk steeds stywer aan.

"Mmm, dit voel goed," kreun sy en draai haar kop na hom toe. Haar lippe is effe oop en haar oë smeulend-soekend na syne. Hy buk effe vooroor en soen haar innig, terwyl sy hand onwillekeurig oor haar bors vryf.

"Sjoe, jy maak my jags," fluister sy hees toe hulle klaar gesoen het. "Ek wil jou suig, asseblief," voeg sy by en draai na hom toe voor sy op haar hurke voor hom afsak.

Voor hy kan teëstribbel, voel hy haar hande behendig op sy gulp en hy hoor die sagte fluistering van die ritssluiter. Dan is haar koel hand in sy broek, angstig soekend na sy stywe paal. Sy neem dit in haar vuis en hy voel haar asem warm op die kop daarvan. Hy kreun en druk effe vorentoe met sy bekken.

Haar mond is sag en warm as dit sy voëlkop omsluit en wanneer hy afkyk ontmoet hy haar blik. Daar is naakte wellus in haar blou oë. Sy suig hom heel in haar mond in – amper onmoontlik diep. Sy sensitiewe pielkop druk diep agter teen haar kleintongetjie vas.

"Bliksem, Heike, dis lekker, maar ek moet jou waarsku: As jy aanhou gaan ek..."

Sy haal hom uit haar mond en antwoord, "moenie nou al kom nie, ons is nog ver van klaar."

"Kom sit hier op die reling, ek wil jou poesie eet," fluister hy en trek haar regop.

"O ja, asseblief. Ek is sopnat." Sy maak haarself tuis op die boonste reling en sit effe wydsbeen. Jaco kniel voor haar en druk haar bene verder uit mekaar. Hy kan die aardse reuk van haar opgewondenheid ruik.

"Haai, jy het dan nie 'n-"

"Panty aan nie. Mors van tyd as ek die damn ding in elk geval gaan uittrek, sou jy nie so dink nie?" Hy kyk op na haar en sien weer daai uitdagende, skalkse glimlag. Die meisie draai nie doekies om nie – dis verseker.

Jaco kyk eers 'n ruk in verwondering na haar pragtige, netjies geknipte poesie. Die lippies is dik geswel en effe oop. Hulle is reeds blinknat en 'n draadjie vog hang tussen haar oop dosie en haar sagte dy. "Shit, dit... Jy is pragtig."

"Jaco, hou op praat. Lek my poesie NOU, asseblief," kerm sy en gryp sy kop aan weerskante vas en trek hom na haar toe.

Hy laat sy tong saggies rondom die gleuf dartel en hy proe die soet van haar jagsheid. Hy is lus en verorber die hele wonderlike lekkerny, maar besef dat hy eers stadig moet werk en later eers harder en vinniger moet lek. Sy sit-hang so half op die reling met haar bene oor sy skouers en hy het nou heeltemal toegang tot haar.

"Ughhh... Ja daar... Net daar. Lek my klit. JA!" kreun sy en hy laat nie op hom wag nie. Sy een hand se vingers speel deur die sopnat gleuf en hy druk drie vingers diep in haar terwyl hy haar klit in sy mond insuig. Hy naai haar met sy vinger en hy hoor hoe sy na haar asem snak hier bo hom.

Dan verwyder hy sy vingers en streel laer af, oor haar kringspier wat onwillekeurig saamtrek. Hy vryf in klein sirkeltjies daaroor.

"Maak jou vinger weer nat in my poesie en druk hom daar in, asseblief," sê sy hees. Hy doen dit onmiddelik. Haar kringspier ontspan dadelik en die warm hitte omvou sy vinger. Sy kerm, "o ja, dis so lekker. Lek my. Maak my kom – LEK MY!"

Terwyl hy haar anus vinger, lek hy haar prominente klit met sulke kort vinnige haaltjies. Hy voel hoe haar bene ruk en haar kringspier om sy pompende vinger verstyf en hy weet sy is naby. Hy verdrink amper in haar sappe. Dan kom sy met 'n harde, dierlike gil wat aanhou en aanhou. Dit weergalm ver die naglug in. Jaco het nog nooit so iets gehoor nie, en hy probeer tevergeefs om die vloed sap wat daarmee saamgaan, op te drink.

Uiteindelik is sy stil en sy maak klein tjankgeluidjies soos 'n baba katjie. Hy kom orent en kom staan tussen haar bene. Sy neem sy kop in haar hande en trek sy gesig nader en lek dan sy lippe en wange af voor sy hom diep soen. Die reuk van opgewonde poesie hang om hulle.

"Liewe hemel, dit was lekker. Ek kon nie ophou kom nie," hyg sy.

"Ek het so gehoor, ja," antwoord hy en hou haar om haar middel vas.

"Ja, sorry, ek gaan maar so tekere as ek kom. Ek kan myself nie help nie. Ek wil hê jy moet my hard naai. Asseblief. Ek wil jou groot piel in my poesie voel," sê sy en klim van die reling af. Weer draai sy om en buk vooroor. Sy trek haar rompie hoog oor haar boude en kyk oor haar skouer vir hom. "Naai my van agter af."

Jaco is steeds oorstelpt deur hierdie meisie se onbeskaamde wellus. Dit voel alles soos 'n droom. Hy kyk na haar pragtige ferm wit boude en haar pienk, sopnat en wyd oop dosie wat aanloklik onder hulle hang soos 'n ryp eksotiese vrug.

Hy voel hoe sy voël klop. Hy maak vinnig sy broek los en dit val om sy enkels. Dan gaan staan hy agter haar en streel met sy hande oor haar boude en heupe.

"Druk hom in my, NOU. Ek wil jou voel, asseblief," pleit sy en druk haar boude agtertoe. Jaco neem sy stywe paal in sy vuis en druk vorentoe. Sy ontang hom in haar warm heuningpot en hy sink baldiepte in haar in. "Ughhh... Ja... ja, naai my met daai stywe piel. Naai my hard. Maak my weer kom."

HY kan sy ore nie glo nie. Leonie was altyd so stil en het nooit dinge by hul name genoem nie. Die feit dat Heike so lelik praat het hom beslis aangevuur en hy begin haar ritmies stoot, terwyl sy hande krampagtig aan haar heupe klou. Hel, dit was lekker. Wanner hy afkyk sien hy hoe hy telkens in haar poesie wegsink en dan weer sopnat en taai uitgly. Haar roosknoppie van haar kringspier tuit ritmies saam in en uit. Hy neem sy duim en vryf daaroor. Hy hoor hoe sy instemmend kreun en sonder om toestemming te vra druk hy sy duim weg in haar.

"O ja. Dit is wonderlik. Naai my so," bevestig Heike en druk haar heupe stywer teen hom. Hy ry haar hard en lank terwyl hy haar met sy ander hand teen hom vasstamp – amper half hardhandig. Sy kop is agteroor en hy kyk na die vol maan terwyl hy die sagte hitte om sy stuwende voël voel.

"Ek dink ek gaan weer... Ek... EK KOM!" En dan gil sy weer dat die kranse antwoord gee. Jaco stoot ritmies voort. Tot sy hygend ophou kom. "Donner, maar jy naai lekker. Het jy al gekom?" Vra sy en kyk oor haar skouer. Daar is 'n wilde trek op haar gesig en eers maak dit hom skrik, maar gou besef hy dat sy steeds in ekstase is.

Hy skud sy kop en prewel, "nee, nog nie."

"Moenie in my kom nie. Kom in my mond en oor my gesig. Asseblief." Jaco tree terug en sy stywe voël gly uit haar oop poesie. Sy draai vinnig om en hurk weer voor hom.

"Gee hier, dat ek hom suig tot jy kom," beveel sy en neem sy voël in haar hand. Jaco kyk af en merk hoe blinknat hy is van haar sap en sy voëlkop is 'n diep rooi. Dan neem sy hom in haar mond. Sy kreun behaaglik en hy voel die vibrasie daarvan tot in sy balle.

12