Sondige Sondagspeletjies

PUBLIC BETA

Note: You can change font size, font face, and turn on dark mode by clicking the "A" icon tab in the Story Info Box.

You can temporarily switch back to a Classic Literotica® experience during our ongoing public Beta testing. Please consider leaving feedback on issues you experience or suggest improvements.

Click here

'Dít, ou suster, is deel van die geheim,' het ek geantwoord en van jou afgerol.

Deel III – Nog woonstelpret

Ons het so in die sagte laatmiddagson op die bed bly lê en luimer; ek op my rug met my arms behaaglik agter my kop en jy op jou sy teen my aan met jou kop op my bo-arm en jou arm gemaklik oor my bors.

'Jy is skielik stil. Is jy spyt?' wou jy weet.

'Nee, glad nie. Ek lê maar net en wonder waaroor jy en Sandra alles nog gesels.'

'Ek het gesê ek is jammer. Vergeet dit nou, toe. Ek moes nie die vertroue wat sy in my gestel het verbreek het nie. Dit was in elk geval bedoel as 'n welverdiende pluimpie.'

Ek wou hardop lag – ons het sopas albei 'n baie groter vertrouensbreuk teenoor haar gepleeg. Snaaks genoeg het ek nie tans baie skuldig gevoel daaroor nie, maar ek het geweet dat die selfverwyt wel later sou kom.

Ek moes eintlik opstaan en huistoe gaan, maar ek het ook geweet dat ek nog eers daai laaste van die verbode vrugte móés proe. Van nuuskierigheid is die kerke leeg en... Ek was juis ook regtig nuuskierig om te hoor wat my liewe vrou nog van my vermoëns as bedrewe minnaar te sê gehad het.

'Ek is nie kwaad daaroor nie. Vertel wat sy nog sê.' Elke man wil hoor hoe goed hy in die bed is – of hy dit nou openlik wil erken of nie.

'Sy reken ook dat jy van middelmatige grootte is, maar weet hoe om dit te gebruik.'

Dankie, ek kon beslis sonder hierdie stokkie nuus klaar kom, het ek gekwets gedink.

Jy het egter vinnig bygevoeg: 'Ek dink sy is dalk maar net bederf, want ek dink dat jou meneer lekker groot en veral dik is.' Om jou opmerking te beaam het jy jou vuis oor my halfmas skag gesluit. Die aanraking het my paal weer in 'n kits laat regop spring. Ek het na jou gekyk en toe jou blik oor my maag gevolg, waar my manlikheid 'n hele vuisbreedte bo jou hand uitgesteek het – jou duim en ander vingers het nie gesluit nie. "Meneer" se kop was 'n donker rooi-pers en steeds blinknat.

'Sy reken ook dat jy nogal lekker lank kan uithou ook en dat jy haar plesier bo jou eie stel. 'n Man so na my hart – min mans doen dit, weet jy. Dis net "wham-bam, thank you ma'am". Sal ons kyk of sy weer reg was?'

Was dit 'n uitdaging?

Ek het op my sy gedraai en jou lyf weer bewonder. Ek het met my vingers oor jou tieties gespeel en verwonderd gekyk hoe daai lang tepels regop spring en donkerder raak onder my aanraking. Ek het die ontdekkingstog voortgesit en die ferm rondinge van jou borste liggies in my hande geknie. Jou tepels was vuurwarm in my handpalms. Jy het behaaglik gekreun en jou bene het weer onwillekeurig oop gemaak.

My hand het liggies oor jou plat maag afwaarts gesteel, tot by die perfek geknipte driehoekie skaamhare hoog bo jou mons. Daarna is die tog verder suidwaarts voortgesit en ek het jou warm skaamheuwel met my bak hand bedek. Dit was sag en klam. My middelvinger het weer maklik in die welkome nat gleuf weggesak.

'Dis heerlik as jy aan my vat. Jy is sotender. Maar ek wil jou nóú in my voel, asseblief,' het jy gefluister en my teruggedruk op die bed. 'Ek wil jóú ry.'

Jy het wydsbeen oor my onderlyf kom hurk en ek kon sien hoe jou klit vir my tong uitsteek tussen die geswelde lippies van jou poesie. Jy het my voël in jou hand geneem en dit behendig tussen jou lippies ingelei.

Toe jy stadig oor my skag afsak, het ek na my asem gesnak en gevoel hoe die aardse hitte my totale lengte – millimeter vir millimeter – omvou, totdat ek baldiepte in jou was. Jy het eers net so bly sit; jou oë toe en kop agteroor. Jou hande was op my bobene en jou mond was effe oop; jou asem het gejaag. Ek het my hande uitgesteek na jou borste en een in elke hand begin knie – net liggies. Ek kon jou hart voel klop. Jy het gekreun en my stadig begin ry.

'Dis heerlik met jou in my,' het jy geprewel en jou ritme het vinniger – meer intens – begin raak. Ek het jou harde tepels rof tussen my wys- en voorvingers gekneus en jy het instemmend gehyg, 'ja, vat aan my tieties... speel hard met my nippels. O ja...'

Na 'n ruk het my een hand jou bors verlaat en ek het met my duim jou klit begin masseer. Jy het weer daai tjankgeluidjies begin maak en nog vinniger begin ry.

'O fok, ek gaan weer kom. Ek... ek... KOM!' het jy gegil en geruk asof 'n elektriese skok deur jou stroom. Ek kon voel hoe jou skede om my paal in spasmas saamtrek.

Na 'n rukkie het jy jou oë oopgemaak en uitasem gesê, ' nou's dit weer jou beurt. Hoe wil jy my hê?'

' Ek wil jou van agter af ry,' het ek onbeskaamd geantwoord.

'Bedoel jy "agter in"?'

Jy het effe onseker en geskok gelyk en alhoewel ek dít óók graag sou wou doen, het ek kopskuddend terug geantwoord, 'nee, net... Jy, weet – doggy-style.'

'Mmm, ja, ek hou daarvan. Dis so dierlik,' het jy ingestem en afgeklim en dadelik hande viervoet langs my op die bed kom staan.

Ek het myself op my knieë agter jou staangemaak en eers weer – sou ek ooit genoeg kry? – in verwondering na jou gestaar. Daar was jy weer oop en weerloos voor my. Die binnelippies van jou koekie het aanloklik vêr uitgehang. Ek het my paal in my vuis geneem en dit behendig in jou in gedruk – heeltemal. Jy het na jou asem gesnak en met jou agterstewe teen my bekken gedruk. ' Ja, naai my so.' Ek het nie op my laat wag nie en het jou hard begin stoot. Ek kon voel hoe my vol balle teen jou nat dosie klap elke keer as ek wegsink in jou. My hande was op jou welgevormde heupe.

'Harder... naai my HARDER!' het jy geskree en ek het gedink dat die bure jou beslis kon hoor. Ek het gehoor gegee en met mening begin pomp. Die stilte was gevul met die intieme nat klapgeluide van ons liggame teen mekaar. Ek kon voel hoe jou hand my balle knie, oor die onderkant van my nat skag beweeg en dan weer oor jou klit streel.

'Uhhh... ek gaan weer.... EK KOM WEER!' gil jy en druk jou boude styf teen my aan. Ek pluk my voël net betyds uit jou en kom met 'n harde kreun in lang dik blertse oor die rondinge van jou boudjies. Dit bly uitpomp, sarsie na sarsie en ek voel hoe my voël in my vuis klop. Ek sou graag in jou wou kom, maar dis nou moeilikheid soek.

'Dônner, dit was lekker,' sug jy as jy omrol. Ek kom lê weer op jou en jy vou jou bene oor my boude en soen my behaaglik. Dis nat waar ons onderlywe teen mekaar druk.

'Ek moet aanstaltes maak,' sê ek as my oog die wekker op die bedkassie vang. Dit was al later as wat ek gedink het.

'Wag eers. Ek het nóg 'n verjaarsdag verrassing vir jou,' glimlag jy ondeund.

Wat nog? Dink ek en rol van jou af.

Deel IV – Ben se verjaarsdagverrassing

Ek het uitgeput my hande agter my kop geplaas en teruggelê op die bed. Ek het weer in verwondering gekyk hoe Erika opspring en deur toe stap. Haar sagte borste en boudjies het liggies gewip en die laatmiddag sonstrale het haar in goud bedek.

'Wag net hier, ek is nou terug,' het sy oor haar kaal skouer geroep en weer skalks geglimlag.

Watse verrassing het sy nou nog gehad? Ek het genoeg verrrassings vir een Sondag gehad, het ek gedink. Ek was totaal uitgeput – behoorlik gedreineer.

Ek moes ingesluimer het en die volgende oomblik, asof in 'n droom, het ek Sandra se stem gehoor – hier by my in die kamer! 'Lekker dag op die strand gehad, Ben?'

My oë het oopgevlieg en ek het kiertsregop gesit. Daar, vlak voor my, het my vrou gestaan met haar een hand op haar heup. My oë wou nog nie lekker fokus nie en ek het geglo dat sy my beskuldigend aangluur – of miskien was dit net omdat ek so skuldig gevoel het.

Uitgevang! Gevoelens van selfveragting, selfverwyt en selfbejammering het rof met mekaar begin stoei vir die oorhand.

Ek het as 'n patetiese nagedagte die duvet se hoek oor my onderlyf getrek. Ek was skielik skaam om kaal voor die vrou te wees waarmee ek al 15 jaar getroud is! My wêreld was skielik onderstebo – en dit deur my eie toedoen; deur my eie wellus.

Toe my oë egter begin fokus, verbeel ek my ek merk 'n ondeunde glimlag op haar mondhoeke en 'n glinstering in haar blou oë.

'Uhm... Ek... Ons... Wat maak jy hier? Ek dog jy is in Johannesburg?'

'Wel, duidelik is ek nie, maar net toe ek my gat draai toe is julle twee saam in die bed, nè,' het sy geantwoord. Haar stemtoon was nie heeltemal kwaai of verwytend nie, daar was iets anders – 'n kwaliteit wat ek nie heeltemal kon plaas nie, dalk omdat dit so heeltemal onvanpas in die situasie was – iets tussen spot en terggeestigheid.

Sy het langs my op die bed kom sit en haar een lang been oor die ander gekruis en daar was 'n sagte fluistering van nylonkouse – ek het gemerk dat díe amper swart was, met so naat teen die lengte van die agterbeen. Haar kort leerrompie het teen haar soepel dy opgery. Ek het gemerk dat dit effe onvanpas was vir 'n kongres of selfs vir die vlug vanaf Johannesburg, maar nou was nie die geleëntheid om oor onvanpaste optredes te praat nie.

Sandra het die duvet met haar slanke hand opgelig en na my verrimpelde penis gekyk. 'Shame, is hy okay? Hy lyk totaal uitgeput,' het sy gesê.

'Sandra, ek... Ons moet gesels.'

'Ons gesels mos. Let's talk about the first thing that comes up...' het sy glimlaggend geantwoord en my slap voël tussen haar vingers geneem. Dit het onwillekeurig gereageer toe sy die voorvel tussen haar duim en wysvinger op en af trek. 'Daar's hy – darem nie heeltemal dood nie.'

Ek was sprakeloos, uit die veld geslaan en beangs vir die uiteinde van haar speletjies. Sy het te min klere aangehad om 'n groot mes in weg te steek, het ek onwillekeurig gedink toe die naamLoretta Bobbit deur my brein flits.

Uit die hoek van my oog het ek 'n beweging gemerk en toe ek oor Sandra se skouer loer, sien ek 'n glimlaggende Erika met gekruisde arms teen die deurkosyn leun. Sy was steeds poedelnakend. Wat was hier aan die gang? Was dit nie tog maar 'n droom nie?

'Erika? Sandra? Wat gaan hier aan?' Iets was nie pluis nie.

'Jy weet dat ek en Sandra al sedert universiteit maats is, né,' het Erika geantwoord en doodluiters die kamer ingestap en aan my ander kant kom sit.

'Uhm, ja?' het ek onseker geantwoord. Waarheen was die gesprek oppad?

'Wel, maatjies deel mos,' het Sandra afgehaak.

Skielik het alles in plek geval. 'Bedoel jy, julle twee het-?'

'-alles haarfyn beplan, my liewe man,' voltooi Sandra my sin. 'Ek het vir Erika vertel dat jy jou fantasie oor ons twee en 'n ander vrou met my gedeel het. Erika wou weet of sy die ander vrou kon wees indien ons ooit jou fantasie werklikheid wou maak. Ek kon nie sien hoekom nie – ons het haar goed geken en ons het albei gedink sy is aantreklik. Voila!' Sandra het haar arms in die lug gegooi en ek het nou eers gemerk dat haar swart bloese effe deursigtig was. Sy het nie 'n bra aangehad nie.

'So, het jy vroeër uit Johannesburg-'

'Nee, man. Ek was nooit weg nie, dommie. Ek het gisteraand hier geslaap – in die spaarkamer. Ek is nog heeltyd hier.'

'Het jy... het jy ons dopgehou?' Wou ek weet. Alles het steeds onwerklik voorgekom.

'O ja.' Daar was 'n ondeunde vonkel in haar oë en sy het haar hand onder haar rompie ingedruk en daarna onder my neus gehou. Die bekende reuk van haar opgewondenheid was onmiskenbaar. 'Ruik net hoe jags was ek terwyl ek julle afgeloer het.'

'Het jy alles-'

'Alles – van die begin af. Selfs toe julle gestort het. Ek moes myself inhou om nie hier in te bars en te begin deelneem nie. En toe jy haar begin eet moes ek maar tevrede wees om wydsbeen in die deur te staan en myself te help.'

Liewe bliksem, ek droom wragtig tog. Vir my en Sandra was geen onderwerp in die slaapkamer taboe nie en ons het baie gesels oor ons fantasieë voor ons mekaar bygekom het. Ek het net nooit kon dink dat hierdie een werklikheid sou word nie. 'En nou?' wou ek weet.

'Nou, my liewe man, sê ons twee: "Geluk met jou verjaarsdag".' Met die woorde het sy haar bloese oor haar kop getrek en haar swaar, vol borste ontbloot. Haar areolae was groter en ligter in kleur as Erika s'n. Die tepels self was ook nie so lank nie, maar wel dikker. Ek het my hand uitgesteek en die sagte, bekende gewig van haar bors in my handpalm geneem.

Intussen het Erika oor my geleun en Sandra se ander bors in haar hand geneem. My vrou het behaaglik gekreun toe Erika die tepel in haar mond neem. Ek het in verwondering gekyk en kon voel hoe ek weer styf word. My ereksie het teen Erika se stewige bors gedruk en sy het sonder om af te kyk die skag in haar ander hand geneem.

Na 'n ruk het Sandra beide hande weerskante van haar vriendin se kop geplaas en haar weggedruk van haar bors. Sy het vooroor gebuig en Erika hartstogtelik oopmond gesoen. Ek kon ook voel hoe nog 'n hand om my voël sluit – Sandra s'n. Saam het hulle stadig my draad getrek terwyl hulle tonge mekaar se monde verken het. Ek wou my oë toemaak van plesier, maar was terselfdertyd bang dat ek 'n enkele oomblik van hierdie tableau sou misloop.

Asof vooraf ooreengekom het die twee vrouens weerskante van my oor my onderlyf gebuk en met lang hale van hul tonge my skag van onder na bo gelek – in perfekte harmonie. Wanneer hulle bo gekom het, het hulle saam-saam die deursigtige druppels wat onophoudelik op die kop gepêrel het, opgelek en mekaar dan weer gesoen.

'Dames, as ons so aanhou, dan...' het ek het ek half teësinnig gesug.

Altwee het opgehou en Sandra het gesê: 'O nee. Daai skoot gaan nie só gemors word nie. Daai een is net mýne. Kom, ek wil hê jy moet my van agter af ry, en ek bedoel agter ín.' Ek kon my ore nie glo nie. Krismis en verjaarsdag in een!

'Is jy seker?' het ek gevra. Ons het dit nog net 'n paar keer van tevore gedoen en alhoewel sy elke keer geredelik ingestem het, het ek gedink sy doen dit bloot vir my plesier.

'Baie seker. Dis ongelooflik intiem – en ek is mal daaroor.' Het sy geantwoord en hande viervoet langs my kom staan.

'Jy het nooit gesê nie,' het ek in verwondering geantwoord.

'Maar ek wil ook hê Erika moet onder my kom lê, met haar kop so tussen my bene en my eet terwyl jy my ry.'

Erika het dadelik op haar rug gedraai en gretig onder Sandra ingewoel met die woorde, 'met graagte, maatjie. Ek het jou sappige vy juis gisteraand laas geproe.'

Ek was sprakeloos. En kon die prentjie net met wellustige oë gade slaan terwyl die implikasies van haar woorde deur my gedagtes ge-ricochet het.

'Wat van smeermiddel?' vra ek na 'n lang stilte.

'Steek my eers so rukkie in my poesie – ek is sopnat. Daar sal genoeg sap wees,' was haar praktiese antwoord.

Ek het nie verder op my laat wag nie en het plaas geneem agter haar boude en haar kort rompie opgelig. Soos ek verwag het, het sy nie 'n broekie aangehad nie en haar dosie was 'n jagse uitnodiging tussen haar wyd-oop bene. Sy was behoorlik sopnat en blink drade het vanuit die binnelippies teen haar dye en oor die donker sykouse afgeloop.

Ek het my ereksie weer in my vuis geneem en met my heupe vorentoe gebeur. Dit was soos om my voël in 'n pot warm heuning te druk.

'O jaaa...' het Sandra gefluister en haar self meer toegangklik gemaak deur haar rug hol te trek. Ek kon oor haar skouer Erika sy nat en ewe wye oop poesie sien. Sy was besig om met haar klit te speel en die sagte klotsgeluidjies was in kontra-tempo met die nat klapgeluide van my en Sandra se skaamdele teen mekaar.

'Sandy, lek my kietsie, 'seblief,' het Erika in 'n kleindogtertjie stemmetjie gekerm. Sandra het haar kop laat sak en Erika het haar lang bene hoog opgelig. Toe sy saggies kreun, het ek geweet Sandra het begin lek. Ek kon dit nie sien nie want my vrou se lang blonde hare het soos 'n gordyn oor hulle gehang. Ek het dus maar afgekyk waar my paal stuwend Sandra se geswelde skaamlippies oopgeforseer het. Ek het gereken dat ek nou omtrent nat genoeg sou wees en het stadig uitgetrek. My hele skag en die kop was met 'n dik laag taai sous bedek.

Ek het egter eers met twee van my vingers nog daarvan uit haar heuningpot gewink en dit sagkens oor haar anus gesmeer en gevoel hoe die donkerpienk rosie tuitbek trek. Toe ek dit weer voel ontspan, druk ek eers een en toe 'n tweede vinger diep in. Ek kon hoor hoe Sandra in Erika se nat koekie kreun.

Stadig het ek die vingers weer uitgetrek en nader beweeg met my gladde paal. Ek het die pers-rooi kop stewig teen haar agterdeur gedruk en toe stadig, dog ferm vorentoe gebeur. Haar kringspier het ontspan en my voëlkop verwelkom. Eers, met net die kop in haar, het ek gestop sodat sy daaraan gewoond kon raak.

Sy het haar kop vlugtig opgelig uit Erika se mik en oor haar skouer vir my gesê: 'druk maar – heeltemal in. Ek is gereed. Asseblief, doen dit. Ek wil jou heeltemal dáár in my voel.'

Ek het nie op my laat wag nie en met my hande op haar heupe het ek haar heeltemal gepenetreer. Ek het haar stadig begin ry toe ek 'n tong saggies voel lek aan my balle. Hulle het onwillekeurig opgetrek. Ek het besef dat Erika besig was om my balle én my vrou se dosie te lek. Dit was hemels. Sagte kreun- en mompelgeluide, tesame met die nat klanke van wellustige seks was vir 'n paar minute die enigste geluide in die kamer.

Ek het skielik ongemaklik verstyf toe ek 'n hand hier onder tussen my boude voel. 'n Slanke, nat vinger het gesoek-soek by my anus. Dit was Erika, en ek het besef dat my vrou werklik ál ons slaapkamer geheime met haar gedeel het. Die gedagte was nog vars in my kop toe ek voel hoe die vinger deur my gewillige kringspier dring en in my wegsink. Sy was effe onbehendig en kon nie dadelik my prostaat opspoor nie.

En toe, skielik, het sy dit gevind - sekuur. 'Uhhg, fok...o, fok tog,' het ek gekreun en my onderlyf hard teen Sandra se boude gedruk en diep in haar gespuit. Ek kon voel hoe sy styf om my klem terwyl my voël diep in haar intiemste opening klop. Op my beurt het my kringspier amper Erika se vinger morsaf gedruk voor sy dit kon uithaal.

Kort daarna het twee nat gilletjies gevolg – een hier onder my balle en een tussen Erika se bene - en ek kon voel hoe Sandra onder my ruk-ruk. Ek was steeds in haar en kon ook voel hoe sy ritmies om my saamtrek. Oor haar skouer het ek gesien hoe Erika se dye ook ruk en my vrou se kop vasklem. Haar hande was krampagtig in Sandra se goue lokke verstrengel.

Ek het stadig uit Sandra gegly en omgerol om langs haar te lê. Sy het nader gekruip en teen my sy kom aanvly. Haar een been het sy oor myne gevleg en my slap voël met haar hand bedek. Erika het teen my ander sy kom inkruip. Ek het my arms om hul skouers geplaas en het na Sandra gedraai en haar gesoen. Ek kon Erika se nou reeds bekende sap op haar lippe proe. Daarna het ek my kop na die anderkant toe gedraai en Erika ook gesoen en my vrou se kenmerklike soet geur diep ingeasem.

'Dit was ongelooflik,' het Sandra gesug.

'Absoluutstunning,' het Erika beaam en haar hand ook op my geplaas.

'Vertel my van julle plan,' het ek ewe ongeërg gevra.

Deel V: Die vorige Saterdag - Sandra Se Storie

Nota:Hierdie deel word deur Sandra vertel.

Ek en Ben het 'n fantastiese intieme verhouding en daar is geen gebrek aan verbeelding nie. Ons het wyd geëksperimenteer en gereeld nuwe avonture en fantasieë aangepak, maar steeds het dit gevoel of die verhouding effe sy vuur verloor. Dalk was dit maar net my verbeelding.

Dus het ek met die gedagte begin speel dat ek op 'n manier Ben se één onvervulde fantasie wou laat bewaarheid. Ter selfder tyd was ek ook skrikkerig – dalk seker maar net min selfvertroue gehad en was bang ek moet daarna permanent tweede viool speel, dus het dit net 'n gedigte gebly.

Erika en ek ken mekaar al sedert ons universiteitsjare, waar ons 'n koshuis kamer gedeel het. Ons was destyds tipiese meisies-studente en het gereeld te veel gedrink, baie uitgegaan en elke week 'n ander ou gehad, maar daar was ook tye wanneer nie een van ons 'n ou gehad het nie en dan... Wel dan het ons mekaar maar so bietjie uitgehelp. Ek dink nie een van ons twee het ooit aan onsself asBi gedink nie. Daarvoor het ons te veel van mans gehou – daarvan was ons seker. Die uithelpery was lekker, maar beide sou dit in 'n oogwink opgee vir 'n gewillige jong mans-student.