Internetpret op Kantoor

PUBLIC BETA

Note: You can change font size, font face, and turn on dark mode by clicking the "A" icon tab in the Story Info Box.

You can temporarily switch back to a Classic Literotica® experience during our ongoing public Beta testing. Please consider leaving feedback on issues you experience or suggest improvements.

Click here

"Om eerlik te wees, ja. Jy laat my dinge ervaar wat Pieter nooit kon nie." antwoord sy eerlik.

"En Pieter?" vra ek.

"Ek het my man baie lief. Dit sal nooit verander nie. Maar ek het hom nou reeds verkul. Ek kan dit ook nooit verander nie. As ek dit dus weer met jou doen is dit mos nie of ek iets aan hom gaan doen wat ek nog nie gedoen het nie." verduidelik sy eerlik. "Soos jy gesê het, sou dit dan meer verkeerd wees?"

Isabel staan skielik uitasem op. "Sjoe, wat 'n aand! Nou moet ek maak dat ek by die huis kom. My man skei my as hy weet wat vannaand hier gebeur het!" sê sy.

"Skei? Pieter skiet my as hy hiervan moet hoor!" antwoord Lauren en staan ook op.

Die meisies begin haastig hulle bloesies toeknoop. Ek begin ook aantrek terwyl ek hulle dophou. Lauren tel die sykouse met die panty nog binne-in op. Sy haal die panty uit. "Wat gaan ek nou hiermee maak?" vra sy en hou die sykouse op.

"Wat bedoel jy?" vra Isabel.

"Ek kan mos nie met so 'n paar sykouse huis toe gaan nie." verduidelik sy

"Gee vir my. Ek sal daarvan ontslae raak." bied ek aan.

"Is jy mal?" vra sy "Jy gaan dit natuurlik vir almal wys!"

"Dis nou nie asof jou naam daarop staan nie..." kap ek terug.

"Goed dan. Maar jy gooi dit weg!" sê sy ferm en gee dit vir my. Ek steek dit in my sak.

"Wat anders sal ek nou daarmee maak? Dis in elk geval nie my grootte nie." spot ek. Die meisies lag.

"Gaan ons weer so 'n aandjie reël?" waag ek dit.

Isabel steek nadenkend vas. "Wat dink jy, Lauren?"

"Dit sal afhang van hoe hy hom gedra..." sê Lauren en glimlag geheimsinnig. Hulle groet en trippel by die deur uit.

Ek gee hulle 'n paar oomblikke om die gebou te verlaat voor ek uitstap. By ontvangs wag die sekuriteitswag my in.

"Het meneer darem die aandjie sover geniet?" vra hy met 'n sarkastiese glimlag. Ek maak of ek hom nie hoor nie, teken uit op sy register en stap verby. Ek hoor hom agter my giggel. Ek WEET die bliksem het by die deur gestaan en afluister! "Lekker aandjie verder!" roep hy sarkasties agter my aan.

Please rate this story
The author would appreciate your feedback.
  • COMMENTS
Anonymous
Our Comments Policy is available in the Lit FAQ
Post as:
Anonymous
7 Comments
AnonymousAnonymousover 1 year ago

Wow dis goed - dankie man. Asb hou aan skryf.

ttom76ttom76almost 5 years ago
Thank you, Google!

The rough translation from Google let me read this story. Wow! I'd love for you to do an English version also.

Thanks a heap!

ttom

SlutMom1975SlutMom1975almost 7 years ago

Lekker om te lees in Afrikaans. Ons Afrikaanse girls kan lekker naai by die werk en hou van baie piele en poes ook............xxxxx

AnonymousAnonymousabout 9 years ago
Meer!

Geniet jou stories, skryf asb meer.

AnonymousAnonymousabout 9 years ago
Goeie storie

Dis nogal interessant om 'n erotiese storie in Afrikaans te lees en maar die tweede keer wat ek een hier kry. Hou so aan, ek wil graag meer sulke stories lees.

Show More
Share this Story

Similar Stories

My Onweerstaanbare Skoonsussie Hoe ek my vrou se jonger sussie 'opgevoed' het.in Erotic Couplings
Die Voortvarendheid van die Jeug Twee wulpse en 'leergierige' skoolmeisies...in First Time
Ander man se vrou... ...is moeilikheid soek!in Loving Wives
Dans Met Die Duiwel Dink mooi voor jy gevaarlike speletjies speel! (Afrikaans)in Erotic Couplings
Marli Se Flirtasie Ruk Handuit Maar haar man is daar om 'n ogie te hou.in Loving Wives
More Stories